AVBOB bied 'n digkuns-kompetisie aan

AVBOB bied 'n digkuns-kompetisie aan

Die begrafnismaatskappy AVBOB het 'n digkunskompetisie- en projek geloods as hul Mandela-dag bydrae. Hulle roep enige hoeveelheid inskrywings, van oud en jonk, in enige van Suid-Afrika se elf landstale. Die tema vir inskrywings is "I wish I’d said" of enige ander elegiese poësie, jy weet, om dit by die dood te hou.

'n Mandela-dag televisieproduksie, Ek wou nog sê, is ook deur dié begrafnisondernemer geborg waarin, onder andere, Antjie Krog, Joan Hambridge, Vincent Olifant, Francois van Coke, Pieter-Dirk Uys en Amanda Strydom te sien was, aangebied deur Coenie de Villiers.

Gekeurde gedigte sal op die projek se webwerf gepubliseer word. AVBOB betaal R300 per gedig wat gekies word. Eenhonderd gedigte sal in aanmerking kom om in die AVBOB-bundel ingesluit te word, wat in Augustus 2018 gepubliseer word. Wengedigte in elke taal ontvang 'n verdere nog-onbekende kontantprys.

AVBOB se bestuur sê dat dit nou die tyd is om die pen eerder as die swaar op te lig tot vereniging. Die tema fokus verder op verlies in alle vorme.

Slegs ongepubliseerde gedigte word aanvaar. Die seleksiekomitee bestaan uit Douglas Reid Skinner, Mantoa Motinyane-Masoko, Daniel Hugo en Johann de Lange. Die sluitingsdatum is 1 November 2017.

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Divers, progressief en vars. Waardeer jy ’n stem soos Klyntji s’n? Het jy van AVBOB bied 'n digkuns-kompetisie aan gehou? Dan ondersteun ons. Donasies van lesers word gebruik om ons bedieningkostes te betaal: jou bydrae hou Klyntji aanlyn. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy erken. Elke bietjie help.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand