Swart manlikheid in die jaar 2026

’n Futuristiese utopiese blik op maskuliniteit as ontvlugting van vandag se heteronormatiewe norme, beperkinge en identiteitsonderdrukking deur stilis Ibrahim Kamara en fotograaf Kristin-Lee Moolman. Ibrahim noem dat hy verder kyk as manlikheid en seksualiteit na ’n toekoms waar jy net kan wéés, geïnspireer deur wat van binne jouself kom, sonder konstrukte en beherende invloede van buite. Hy fokus spesifiek op swart mans van Afrika, soos kulture, perspektiewe en identiteit verskil binne die diaspora van ras. Dié queer cowboys of the future, wat in die foto’s verskyn, is almal in hul tuistad Johannesburg se strate en omgewing afgeneem.

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Ons bou aan ’n moderne beeld van hoe Afrikaanswees lyk, lees en klink. Het jy van Swart manlikheid in die jaar 2026 gehou? Dan ondersteun ons. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy gelys.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand