Ons stel bekend: Nuwe stemme 6 digters
21 digters is in Nuwe stemme 6 opgeneem. Dit kom na 259 inskrywings ontvang is – die meeste in die bundelreeks se geskiedenis. Die bundel stel jong, oftewel ontluikende, digters aan ’n wye gehoor bekend. Dit is nie ongewoon dat Nuwe stemme-digters aangaan om te debuteer ná hul opname in die bundelreeks nie.
Die sukses van die projek kan gemeet word aan die aantal digters wat oor die jare wel hulle eie bundels gepubliseer het: name soos Ronelda Kamfer, Danie Marais, Loftus Marais en Fourie Botha (om maar net ’n paar te noem). Ander Nuwe stemme-debutante het opgang gemaak in ander genres, soos Toast Coetzer, Tertius Kapp en Erns Grundling.
Tafelberg, die uitgewer, vertel dat ’n opwindende aspek van Nuwe stemme die groot diversiteit van die digters in die bundel is. “Inskrywings is ontvang van digters van vele rasse, ouderdomme, en sienswyses. Só word Nuwe stemme ook ’n belangrike barometer van die perspektiewe van ontluikende Afrikaanse skrywers.”
Die samestellers van Nuwe stemme 6 is die bekroonde Charl-Pierre Naudé en die opwindende debuutskrywer Bibi Slippers (Fotostaatmasjien).
Ingesluit in dié bundel is:
Angelique Gallagher
Annami Mailovich
Anton Dockel
Churchill Naude
Donnay Torr
Elmarie Viljoen-Massyn
Elna van Niekerk
Elodi Troskie
Erentia Bedeker
Hannes Visser
Ingrid Hannelie Penzhorn
Jaco van der Merwe
Johan Jack Smith
Johannes Naude Kritzinger
Marcel Spaumer
Marthe McCloud
Peter Francois Colin (Franco)
Remona Voges
Ryan Pedro
Trudie Coetzee
Yabadakah Shama
Die bundel word op 31 Augustus gepubliseer. Bekendstellings, met sekere van die digters, vind plaas tydens Aardklop en die Tuin van Digters-fees.