'n Oom in latex
SHOT_05-176.jpg

Gill Rall is ’n 77-jarige motorwerktuigkundige van Edenvale, Johannesburg. Sy fetisj is om te transformeer na sy alter-ego, Spirit; ’n selfgemaakte vollyf rubberpop. Hierdie passie van hom het ontwikkel na ’n noukeurige kunsvorm wat identiteit, seksualiteit, maskuliniteit, witheid en ouderdom stip in die oë kyk en alle verwagtinge verraai. Die fotograaf Antonia Steyn het ná ’n vier jaar lange samewerking met Gill ’n reeks foto’s aangebied by Kalashnikovv Galery in Braamfontein. Die uitstalling (ook Spirit), waarvan Roelof van Wyk die kurator was, was die top punt van die samevoeging van twee kunstenaarskoppe in een masker. 

Dit was by ’n vroeëre projek, Spirit of Highway Gardens, waar Antonia en Gill kennis gemaak het. Dié mockumentary, wat tot dusver net tot die punt van ’n aanlokkende teaser voltooi is, gee meer weg oor die intrige van Spirit se ontstaan. Louw Kotze as die projek se kunshoof het Urucu, produksiemaatskappy, Elias Ribeiro, vervaardiger, en John Trengove, regisseur (al drie agter die berugte Inxeba), en Antonia as fotograaf aan Gill bekendgestel. Die skietwerk is gedoen in ’n kerk wat nie meer vir heilige doeleindes gebruik word nie.


Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Ons bou aan ’n moderne beeld van hoe Afrikaanswees lyk, lees en klink. Het jy van 'n Oom in latex gehou? Dan ondersteun ons. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy gelys.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand