Kantoorlewe, verlange en verandering

Kantoorlewe, verlange en verandering
a2751845916_10.jpg

Ola Kobak, van Pretoria, se Metanoia (2014) volg haar op haar reis soos mense, plekke en planne verander. Sy sing oor kantoorlewe, hartseer en verlange. Sy het in 2011 onder die naam Fulka haar debuutalbum The Mystery of The Seven Stars vrygestel wat haar na Oppi en Splashy geneem het. Volgens haar is dié nuwe wending meer minimalisties; “emotive and ambient, with a moody edge.” Albums gratis vanaf Bandcamp.