The Bomb, The Beast
1456i423ECF20B26C94D6.jpeg

Ons is Dinsdagaand in Braamfontein in met ’n Uber om vir die eerste keer The Orbit jazz club asook Bombshelter Beast te beleef. Ons het nou al gehoor van die wit Afrikaanse ou (wat ons later uitgevind eintlik Zoeloe is, in Soweto grootgeword het en Engels praat) wat in Zoeloe rap langsaan Pitch Black Afro (die naam sê dit als), tesame ’n mix matched orkes wat in absolute kakafonie die monster onder jou bed uitpluk en laat dans. 

Ons het nege lede getel (daar is 12, blykbaar), met guest appearances deur Erica Louw (crowd favourite) as opera-stem van die aand en Jaco van der Merwe (Bittereinder) in sy usual rympie-spoegende-bonsende self. Klank, taal en instrumente van dié groep is die toonbeeld van diversiteit. Uit selfoonnota’s sien ek een gemaak op 22:22 wat lees: “A jam that doesn’t mix, but oh – does it not, it just works!”

Marcus, die groepleier, stel die gehoor bekend aan die band – al die partytjiegangers moet mos darem aan mekaar bekendgestel word – “We’re not sure who we are yet, but we’re one big family…” hy word onderbreek uit die gehoor: “You’re fucking amazing!” Uit praatjies in die ry vir ’n bier by die bar hoor ek dat die mense terug kom ná vorige shows, ook by The Orbit, ’n ground zero vir die band. “We’re kinda stunned, we’ve seen them before, but this was kinda amazing. Especially the opera part,” sê ’n paartjie wat die aand agter ons gesit en toe later ook gedans het.

Marcus vertel aan ons dat die groep hoop om hierdie jaar by Oppikoppi te wees. Aan ’n beter plek kan ons nie dink nie; ’n marching band vir Mordor, ’n act vir wanneer die klok middernag slaan op James Phillips. Die logistiek van só ’n optog verg uiteraard wel ’n goeie dosis beplanning. Ons hoop om hul daar te sien.

BB trek inspirasie uit die kollektiewe ervaringe, kulture en uitkyke van die groep. Hul trek ook so aan – of dit nou ’n Spider Man-kostuum is, ’n gasmaker, ’n bokser en rugby hemp of ’n Victoriaanse-pak. Of daai home-grown afro. “The culture, it’s in you. Ons maak jou tiete lam!”

Foto's: Kevin du Plessis

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Divers, progressief en vars. Waardeer jy ’n stem soos Klyntji s’n? Het jy van The Bomb, The Beast gehou? Dan ondersteun ons. Donasies van lesers word gebruik om ons bedieningkostes te betaal: jou bydrae hou Klyntji aanlyn. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy erken. Elke bietjie help.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand