Wat Pomp Julle
pomp.png

In die begin het homo sapiens kreatiewe denke ontwikkel. Die aarde was nog nie blootgestel aan Yo-Landi & Ninja nie, dit was voor Suid-Afrika deur zef so fresh getref is, maar die gees van die Afrikaanse kuns-aficionados het in Griffel Media oorheers.

Toe het Griffel Media gesê: “Laat daar POMP wees!” En daar was POMP.

Dié biblioteek van gedagtes het Die Afrikaner (ahem, Afrikaanssprekende), voorgestel aan ’n publikasie waarby kultuurliefhebbers, kunsliefhebbers en kaalmeisieliefhebbers kon aanklank vind.

Die inhoudsopgawe van hierdie jaarlikse publikasie  - wat as ’n glossy, sexy, meesleurende smorgasbord van Afrikaanse kuns & kultuur beskryf kan word - is verdeel in onderafdelings soos:

Boeke.

Film.

Fotografie.

Gedagtes.

Kortverhale.

Kos.

Kuns.

Letterkunde.

Musiek.

Ontwerp.

Plekke.

Poësie.

Profiel.

Seks.

Verslag.

Wyn.

Alles wat werklik saak maak.

Breyten is al vir POMP ge-interview. Uncle Bob het al in POMP ge-feature. Mnr Maas het al vir POMP geskryf.

Ingrid Jonker. Dawid Kramer. Chris Hani. Hillbrow. Eerbare Porno. Expats & Rasse Polemiek. Die Boereoorlog. Godsdiens. Die Vroulike Superhero(ine), en Alternatiewe Afrikaners: POMP het iets van alles gedek. Van kortverhale, tot onderhoude, tot indiepte artikels, afgewissel met foto’s, waaronder afgeleë kontinente, en kontinentele aandetes. Lekker, man, lekker.

’n Hardeband-kopie van POMP het in 2013 laas die lig gesien, tog word daar word af-en-toe iets op hul Vleisbroek-page geplaas. Luidens dié blad, het hulle ’n punt-see-o-punt-zet-a webtuiste.

“Cool! Hier wag die aanlyn-teenwoordigheid van Afrikaanse-goete wat snaaks, insiggewend, ontstellend, mooi, pret, en kreatief is,” dink jy soos jy op die skakel kliek, maaaar ongelukkig spring dié boodskap op sodra jy die bladsy bereik 😢

#WaMyPomp ??

’n Vreeslose, stimulerende Afrikaanse publikasie met onder meer weldeurdagte literêre bydraes, fotoreekse wat jou lank sal bybly, insiggewende onderhoude, pret poësie & lekker-lees-stories. Waarvoor meer kan mens vra?

En waarmee anders kan mens afsluit, buiten: WAAR POMP JULLE, POMP?

Update: Pomp skryf aan Klyntji, “Ons werk daaraan! Hou hierdie spasie dop!”

Mila is redakteur van BooksLIVE.

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Divers, progressief en vars. Waardeer jy ’n stem soos Klyntji s’n? Het jy van Wat Pomp Julle gehou? Dan ondersteun ons. Donasies van lesers word gebruik om ons bedieningkostes te betaal: jou bydrae hou Klyntji aanlyn. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy erken. Elke bietjie help.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand