Koos se badkamerkuns

Koos se badkamerkuns
Couple.jpg

Toilet art, baby!

Dis nie werke wat bestand is teen Instagram se nipple policy nie, maar Koooooos se Toilet Art-uitstalling by Glory in Melville was ’n fokken lekker partytjie. Die openingsaand, op Vrydag 3 November, het Roelof van Wyk as DJ Honger&Dors sien optree met sy set genaamd Kakhuisklanke – heel gepas, dink jy nie? 

Koooooos het ons so bietjie van die show vertel: “Die idee was ’n mengsel van my persoonlike werk en ’n dronk gesprek met die owners van Glory om ’n groot mural teen een van die mure te verf – iets wat ek lankal wou probeer. Glory was besig om hulle nuwe toilette klaar te maak, so die geleentheid was daar om dit ook sommer te vier. Die toilette was op die openingsaand nog nie heeltemal klaar nie, maar ons het dit sommer inkorporeer as installations vir die show. Baie mense het wel die toilette gebuik, wat nie die plan was nie, maar dit het tog gewerk – conceptually speaking.”

Die modelle is almal mense van wie Koooooos foto’s van op die internet gekry het, meestal selfies in badkamers. “Dit is vir my moerse interessant hoe normaal en alledaags hierdie beeldmateriaal is, dis net een click weg van Facebook en Google af…” Hy vertel verder dat dit snaaks is hoe die foto’s in die privaat afgeneem word, maar dan aanlyn met die wêreld gedeel word.

  • Die uitstalling wys tot die 23ste November, en enkele werke is nog beskikbaar. Sien nog hier.

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Divers, progressief en vars. Waardeer jy ’n stem soos Klyntji s’n? Het jy van Koos se badkamerkuns gehou? Dan ondersteun ons. Donasies van lesers word gebruik om ons bedieningkostes te betaal: jou bydrae hou Klyntji aanlyn. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy erken. Elke bietjie help.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand