Georgina Gratix bring die verf dik aan
Dis soos ’n popliedjie, sê die kunstenaar, oor haar herhaaldelike terugkeer na haar werke; laag-op-laag verf, soms sommer ’n spuit uit die verfbuisie uit, plastiekjuwele en dobbelsteentjies sit vas in ’n klont van kleur. Gratix se werk is meestal speels. Die “gushy” aard daarvan is soos popmusiek se lirieke, oor-en-oor dieselfde, maar ons luister keer-op-keer daarna, en ons hóú daarvan. Die sub-tropiese lushness van haar kinderdae in Durban is ook te sien in haar werk. ’n Eksotiese ritme, ’n catchy tune, op doek.
Al die kunswerke is van Gratix se derde uitstalling, On Repeat, by Smac se Johannesburg-spasie.