Saint Jude is Dope!

Saint Jude is Dope!
img_4482.jpg

Kaapse rapper Dope Saint Jude se kletsrympies sny diep hoor. Catherine Pretorius (dis nou Saint Jude) van die Kaapse Vlaktes gebruik musiek en film om die dinamika rondom ras, gender, seksualiteit en klas te verken. Sy gebruik media en woordspel om bestaande norme en magstrukture uit te daag. Temas van self-liefde en queer-identiteit kom sterk na vore. Catherine het reeds tydens haar politieke- en openbare beleidstudies by UCT begin om werk te produseer. Haar nuwe video (hieronder) fokus op ongelykheid, diskriminasie en patriargale magte as onderdrukking – veral a.g.v. daai fokkop genaamd apartheid.

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Divers, progressief en vars. Waardeer jy ’n stem soos Klyntji s’n? Het jy van Saint Jude is Dope! gehou? Dan ondersteun ons. Donasies van lesers word gebruik om ons bedieningkostes te betaal: jou bydrae hou Klyntji aanlyn. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy erken. Elke bietjie help.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand