Luister na die eerste single van Fotostaatmasjien Oorgeklank

Luister na die eerste single van Fotostaatmasjien Oorgeklank

Die Fotostaatmasjien franchise hou aan met groei. Een van die vertakkings van Bibi Slippers se bekroonde debuutdigbundel is Fotostaatmasjien Oorgeklank, wat ontstaan het toe solo kunstenaars, Willemien Rust en Jude Harpstar, met Bibi se go-ahead begin werk het aan 'n audiovisuele aanbieding van die bundel. Willemien speel die klavier, met Jude op die harp. Die bundel verwys geredelik na pop culture en musiek, iets wat saam met die ritmiese karakter daarvan die komposisies geïnspireer het. Bibi het by die eerste reeks vertonings gedigte voorgelees, en is te hoor in Outobiografie i. Die synth pop songs word deur Willemien en Jude gekomponeer en gesing. Hulle beplan om 'n vollengte album in 2019 vry te stel, wat saam met Peach van Pletzen produce word. Die CMYK look and feel van die groep is op Fotostaatmasjien gebaseer, met foto's deur Ryno Stols en graphics deur Chanél van der Merwe.

Hier is die eerste single

fotostaatmajien oorgeklank bibi slippers.jpg
Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Divers, progressief en vars. Waardeer jy ’n stem soos Klyntji s’n? Het jy van Luister na die eerste single van Fotostaatmasjien Oorgeklank gehou? Dan ondersteun ons. Donasies van lesers word gebruik om ons bedieningkostes te betaal: jou bydrae hou Klyntji aanlyn. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy erken. Elke bietjie help.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand