My 20’s: Die ellendige geklaery van ’n puss
Ek is gatvol om arm en in die kak te wees. Give me a break, bitch. Vyf dinge wat jou 20’s moeilik maak in die stad.
Ek betaal helfte van my salaris om in ’n all-in-one flat te bly (dubbelplaatstofie en ’n so-cheap-as-moontlik badkamerdeur wat nie kan toe maak nie) en dan word ek verban om die lapa te gebruik bloot oor skinny dipping terwyl daar ’n bidgroep in die saal langs die swembad is. Twee waarskuwingsbriewe later wil ek net vra: los my om te self medicate!
Middagete, wat ek vir die eerste twee maande alleen agter die poshokkies by die Spar met ’n boek en take-away viennas spandeer het, word jou hoofmaal vir die dag. Jirre, ek kan al ’n kookboek uitbring: “Kook en verdriet: hoe om net-net aan die lewe te bly”.
Om in ’n ander woonbuurt te bly is so goed soos die afstand tussen die moederstad en Pretoria. Wees maar jou eie maatjie want die eensaamheid kom vir jou. Hoe groter die plek, hoe kleiner is jy en as jy weer kyk is jy alleen gerook in jou flat met trane wat drup-drup jou roomys help smelt.
Jy werk tot die bloed stol tussen die sleutels op jou laptop en dan antwoord iemand wat jou moes betaal nie meer hulle foon nie. Dis waar jou kreatiwiteit inkom en frases soos “ek gaan haar minus ’n plus skop” ontdek word. Jou sekslewe kan dalk sleg wees, maar daar is altyd iemand wat jou deur die ore wil naai.
En moenie vergeet nie, jy is privileged. So moenie té ontsteld raak as jy in een jaar vier keer jou foon moet vervang, moet gaan vir trauma behandeling, en dalk ’n meswond moet troos nie. Insure, of verloor! Fok.