Ugh, Afrikaners
afrikaners.gif

 

KEVIN DU PLESSIS

Ek het altyd 10 Dinge geskryf vir ’n studentekoerant, maar nou is ek al ouer en luier, so hier gaan ons met 5 Dinge. Vandag se onderwerp, 5 tipes Afrikaners wat my amper meer afpis as Steve.

  1. Bakkie-en-boep-boere. Kan iemand kakker lyk as dit? Korporasie-kouse, -kortbroek, -knopieshemp met dubbelborssakke (als een skakering van geel-bruin kak), en ’n geneigdheid om ongeskik te raak as iemand swart te naby aan hom in die ry by die bank staan.
  2. Tannie Bitch met haar vinkneshaarstyl en ’n alewige uitdrukking asof iemand hondekak onder haar neus gesmeer het. Te goed om dieselfde toilet as die “meit” te gebruik, maar vinnig om te vertel hoe sy goedhartig vir die hulp haar kinders se tweedehandse klere geskenk het.
  3. Hierdie een gym harder as wat hy skreeu op die ref en sal nooit die kans laat verbygaan om te spog met hoe hard hy daai cherrie sal spuit nie. Kyk, hy en die manne is vinnig om die moffies ’n warm PK te gee en so ook enige iemand wat sê dis gay om net so bietjie langer in die losgemaal te lê.
  4. Trotse Tinus. Ou Tinus sal nie dat enige iemand vir hom sê sy taal is kak nie. Hy lees graag Maroela Media en deel sy intelek in die kommentaarafdeling van Beeld-artikels. Dit lui iets soos “Apartheid was net goed vir hulle, waar sou hulle wees sonder ons?”
  5. “Onthou altyd, my kind, dié wat nie bid nie gaan direk hel toe en sal gesodomiseer word deur die duiwel self tot in ewigheid. Liewe Jesus het gesterf sodat ons beter kan wees as almal wat nie in die Dopperkerk is nie.” Arme kinders.

Skryf vir ons! kontak@klyntji.com