5 Dinge: Trassie-Passie

*nota: om gelees te word in ‘n Nataniël-aksent.

5 Dinge- Trassie-Passie.jpg

KEVIN DU PLESSIS

“Verskoon my dames, ek moet net gou my parra gaan poeier!” So sê ek nou die aand toe ek kamer moes verlaat die eerste keer wat ek my ander self (Dixie) aan my vriende voorstel. Hier is 5 dingetjies van trassie-wees wat ek geniet!

  1. O dogter, daai hakke is fabulous. Ek loop beter in hulle as enige vrou in die vertrek en die dinge wat dit vir my harige manbeentjies doen is ongelooflik. As for the ladies who do this more often, god be with you! Einas.
  2. Ek sien dit as my plig om in die skoene van ’n vrou (pun intended) te loop, daarom Dixie. As die mans daar buite net half weet hoe baie kak ’n vrou deurgaan om haar sexy mooi opgetofde self te lyk sou die wêreld ’n beter plek wees! Dit gaan so: Wat gaan ek aantrek? Pas dit by my? Fok, pas dit my ooit? Skoene. Sykouse. Hare (doen sowel as verwyder). Lingerie. Juwele. Handsak. Naels. Parfuum. Grimering. Lashes. “Ons is laat.”
  3. Wat is ’n drag queen as daai bitch nie haar klere kan uittrek nie? Dis lekker om lyf te swaai in my silky black bra en pantie! Men’s asses have good undercheeks, sweetie pie!
  4. Nou, ek verstaan dis dalk nie so intens vir vrouens nie, maar mense kan gryp! My ass en fake tiete is gegrab, geknyp, ge-jiggle, gepiets, ge-hump, gekielie, gelek, ge-jump start. Mense het g’n respek vir ’n trassie se lyf nie, dank fok!
  5. Dis plein kommin om ’n tollieknop te hê saam met hakke, so ons moet daai meneer diep wegbêre. Ain’t easy! Jy vat hom van agter onder die bene deur trek hom terug, knyp hom vas en trek die sykouse oor. Ek het vinnig leer sit op net een boud en as ek opstaan om “my parra te gaan poeier” gaan rus ek eintlik net die balle. Pain is beauty. Thanx Dixie for teaching me about femininity! Tarra!
Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Ons bou aan ’n moderne beeld van hoe Afrikaanswees lyk, lees en klink. Het jy van 5 Dinge: Trassie-Passie gehou? Dan ondersteun ons. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy gelys.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand