Magé Troskie like maar 'n bospaadjie

Magé Troskie like maar 'n bospaadjie

Foto’s verskaf, met dank aan verskeie fotograwe

Onderhoud deur Kanya Viljoen; nuwe musiekvideo deur Emilie Badenhorst

Die eerste keer dat ek Magé Troskie ontmoet het, was by ’n begrafnis van ’n vriendin se ouma, in ’n ou NG Kerk wat aan die rantkant van Strand staan – en so iewers tussen die hartseer en die mooi van ’n vol lewe vier, het Magé stil-stil ’n kitaar opgetel en ’n melodie geneurie. Dit was nie ’n show nie en die fokus was werklik nie gerig op die vrou met die vellies wat sing nie, maar dit het my in daardie oomblik getref dat daar iéts aan haar was; iemand wat vasvang en eer en in alle opsigte kaalvoet voor ’n mens staan; iemand wat die lewe op ’n rou manier verstaan en wil deel.

Ek het haar al ’n paar keer ná daardie eerste ontmoeting sien perform, en of dit nou in ’n oorvol kroeg in Stellenbosch, ’n ope-tent by die KKNK, of op ’n massiewe verhoog met gevestigde kunstenaars is, bly daar iets opregs aan die eenvoud en eerlikheid van dié musikant. Sy gee nie voor nie, maar wil werklik met ’n gehoor gesels, deel oor hoe sy ’n ding sien en wil so ook die mense om haar verstaan. 

Magé is die wenner van laas jaar se Taalgenoot-Ruk en Rym en is tans op toer dwarsdeur Suid-Afrika. So tussendeur haar kom en gaan, het ek Magé nadergehark om ’n bietjie meer te probeer verstaan oor waar sy haarself, haar musiek en haar loopbaan tans vind.


KANYA: My eerste vraag is een wat jy dalk talle male gehoor het, maar ek dink altyd dis interessant om te dink oor wat ’n mens jouself noem. So, Magé, as jy jouself aan my moes bekend stel, waar sou jy begin? Musikant? Kunstenaar? Skrywer? Hoe sien jy jouself en hoe wil jy hê mense moet jou sien? 

MAGÉ: ’n Ware wyse kunsjuffrou, mentor, vriendin het my op ’n dag ’n conduit genoem. ’n Watse ding? I can’t-do-it? “Nee, plaaskind, YOU CAN DO IT … Jy is ’n kanaal.” Ek is baie lief vir musiek. So, liewe leser, ek is besig om hierdie pad oop te stap en soms moet jy baie oopkap om aan te stap. Ek like maar ’n bospaadjie. Ek frons altyd bietjie as iemand my ’n sanger noem. Ek resoneer meer met storieverteller. 

KANYA: Was daar ’n oomblik waar jy geweet het dis hoe Magé klink, dis hoe haar musiek en stories vorentoe wil beweeg? Wanneer was daardie oomblik en het dit verander deur die jare? 

MAGÉ: Ek het by Oranje Meisieskool in Bloemfontein gematrikuleer. Daar het ek ’n speech (Lig jou ken | ken jou lig) gemaak wat die waters nogal laat roer het. Soms voel dit asof daai toespraak my op-die-water-loop-oomblik was. Dit het duisende views gekry en mense oral oor die land het my na funksies genooi om te speech. Die boodskap het my ver vooruit gegaan en before I knew it, was my hele toekoms vir my voorgeskryf deur allerhande vreemdelinge. Dit het my eintlik onkant geslaan. Ek was skaars 18. Without a clue of what I’m doing. Just instrumenting forth. Nou is ek 23. “Lig jou ken en ken jou lig” bly my kernboodskap. Dit is hoe ek stap. Maar ek stap wye draaie om daai gevoel van verwagting wat die ontploffing van die boodskap in my geskep het. Ek word gevorm en gevou. Ek verander. So ek pas nie nou meer so lekker in die konvensionele kultuur in nie, maar my kern bly lig en liefde. My stem change. My taal change. My essence stays.

KANYA: Ek dink altyd ’n deel van daardie essence is ook die humor en poësie waarmee jy bly speel. Baie van jou liedjies bevat beide lig en donker. So cliché soos wat dit klink, wonder ek wat poësie en humor vir jou binne jou skryfwerk beteken? 

MAGÉ: Ek hou daarvan om eenvoudige woorde te gebruik. Min, klein woorde met moerse waarde. Soos sien en hoor. As ek ’n song skryf, dan voel dit asof iemand langs my sit en luister. Dis weird en excruciating. Dit is mooi. En ja, ek like lag en laat lag oor die talle malle van die lewe.

KANYA: Soos alle kunstenaars, of kunsvorms in Suid-Afrika, dink ek daar is altyd so ’n dun balans tussen jou eie paadjie uitkerf, maar ook om ’n mark vir jouself te skep, om ’n kommersiële wêreld rondom jouself te bou. Voel jy daardie druk? Of was daar al oomblikke waar jy daardie druk kon voel? Is dit iets wat jy nog leer om te balanseer? 

MAGÉ: Soms voel dit vir my mense glo daar is slegs twee maniere hoe jy die musikantpad stap: óf jy verkoop jou siel se spieël vir ’n radio-hit, want jy moet baie streams kry voordat die ching gaan kom draai. Óf jy word ’n musiekonderwyser. (Bless beide.) Ek is nou in my eerste jaar van voltyds toer en myself bestuur as ’n kunstenaar. My inkomste kom van live shows. Mens begin mos maar klein, maar ek hou van die pas waarteen my reis roll. I don’t want to race. I want to rys, vleis en aartappels! Ek leer dit beslis nog balanseer en ek hoop ek sal aanhou leer balanseer. The eternal dance. 

KANYA: As musiek en performance ’n platform is, wat wil jy daarmee doen? Beide in die korttermyn, maar so ook in die langtermyn? 

MAGÉ: I hope to have fun and work my Magé magic to get you to fall in love with yourself. Maybe geniet jy die musiek ook nog ...

KANYA: Jy’s nog ’n jong kunstenaar en hopelik lê daar nog ’n lang pad van skep en deel voor. Is daar lesse wat die local music scene jou al geleer het? Hoe ervaar jy die gemeenskap van musikante om jou? 

MAGÉ: My onlangse reise het my Johannesburg en Pretoria toe gelei. Daar het ek ’n vars klomp kreatiewe mense ontmoet wat my opgewonde maak oor where we’re heading en oor where we are. Die regte music scene is unseen, maybe softly heard and felt, en ken nie ’n rykdom groter as freedom of expression of self nie. Maak nie saak wie luister en wie fluister nie. They play sonder pay. Hulle doen dit al vir duisende jare. Ek leer maar nou eers die waarde van kuns en hoe om geld te aanvaar daarvoor.

KANYA: Daar’s ook ’n groter gemeenskap van kunstenaars om jou. Jy’t onlangs saam met regisseur Emilie Badenhorst aan ’n performance video van een van jou liedjies gewerk. Hoe was die ervaring? Wat is die waarde van collaboration tussen verskillende kunstenaars en hul kunsvorms? 

MAGÉ: It all just felt so natural. Ek het lank gedink acting is pretending, maar Emilie het my kom wys hoe real dit kan wees. The embodiment. Die sensitiwiteit van elke gesigspier. Hulle (die Huisgenoot) sê: You can be anything but you can’t be everything … But you can have a kick ass friend group met belaglike skills onder mekaar. Then just plan en play. Jy sal weet hoeveel van elk as jy mooi oplet. 

KANYA: Met die musiekvideo sien ons ’n oomblik tussen twee vriendinne, wat dalk net ’n bietjie meer as vriendinne is. Iets wat praat oor daardie oomblik waar iets tussen twee mense begin borrel. Wat hoop jy sien mense in die video raak? Wat hoop jy vat hulle dalk saam met hulle? 

MAGÉ: Ek het baie veilig gevoel toe ons dit gemaak het. So ek hoop dis wat mense ook voel. Veilig en liefde. Veilige liefde. Want dis scary as dit jou eerste keer is waar iets tussen jou en ’n vriendin, of iemand, borrel en jy’t nie heeltemal verwag dat iets kan gebeur nie. Dan is dit nogal scary. Maar ek hoop mense voel: Gaan, al is jy bang. Gaan bang. 

KANYA: Hoekom dink jy dis nodig om in vandag se konteks nog music videos te skep? Wat dink jy bring dit na die musiek toe? 

MAGÉ: Baie songs verf prentjies, ’n storie oor ’n storie in ’n storie. Dis so ’n koekerasie van narratief. ’n Musiekvideo is ’n storie in ’n storie. Dit is ’n ander tipe speelveld waar jy die subteks van ’n song 3D kan maak. Dit is ook ’n maklike manier om jou jy-ness met die publiek te deel sodat hulle jou beter kan leer ken.

KANYA: Wie sien jy uit om in die toekoms saam mee te werk en te skep? 

MAGÉ: Ek het die diep-siel-duik-en-verrykende voorreg gehad om vir jou en Emilie musiek te komponeer vir julle kortfilm As ek kon kies. Dit was die eerste keer dat ek so iets aangepak het ná my studies en dit was … Ek dink nie ek het nog lekker die woorde nie. Ek het die sensitiwiteit en die embodiment so geniet. Julle het my so mooi geguide. Ek het so baie geleer en sal graag nog wil leer by your side.

Rakende my huidige reise: Koos Kombuis het my genooi om nog ’n paar shows vir hom te open hierdie jaar. Hopelik word ’n nuwe song daaruit gebore. Dit sal soos ’n dream come true wees, but I will not be forcing my wors. (Haha, ai sorry man, dis nou Bloemfontein!)

KANYA: Wat lê volgende voor? Album? Komposisie? Filmwerk? Toer? Wat hoop jy om daaruit te leer en met jou saam te dra?

MAGÉ: My fokus vir die volgende twee tot 10 jaar is om te toer, land, beplan (repeat). Ek is lief daarvoor om die land te sien en beoog om volgende jaar my reise oorsee te vat. Die tussen-toer-tye gebruik ek om nuwe musiek te skryf. Ek is besig om ’n ruimte te skep waar ek demo’s kan opneem. Ek weet nie hoekom ’n album skryf my so intimideer nie. Maybe is dit die kostes. Ek het wel so ’n ruk terug daarmee begin, so no turning back now.

Die regte music scene is unseen, maybe softly heard and felt, en ken nie ’n rykdom groter as freedom of expression of self nie. Maak nie saak wie luister en wie fluister nie. They play sonder pay. Hulle doen dit al vir duisende jare. Ek leer maar nou eers die waarde van kuns en hoe om geld te aanvaar daarvoor.
— Magé Troskie
Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Ons bou aan ’n moderne beeld van hoe Afrikaanswees lyk, lees en klink. Het jy van Magé Troskie like maar 'n bospaadjie gehou? Dan ondersteun ons. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy gelys.


 Eenmalig R
 Maandeliks R

Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand