Klyntji Party+kie 2.0 was vet pret

Foto: Cherese Degasperi
Foto's van die samekoms in Pretoria
Die tweede Klyntji Party+kie is op 21 Maart in Pretoria as deel van Mogale Festival gehou. Hoe gepas: 21 Maart is nie net Menseregtedag nie, maar ook Wêreld Poësiedag — twee dinge waaroor Klyntji baie omgee.
Enkosi kakhulu, baie dankie, thank you very much, shukran en ngiyabonga aan almal wat die geleentheid moontlik gemaak het: Mogale Festival vir ’n spot op julle program en vir die shout-outs op Instagram; Jaco van der Merwe en Wêreld vir die befokte lineup; Amy en Pieter van Vektor Productions vir die seepgladde organisering; Railways Café vir die samekomsplek en vir die spys en drank; Taalgenoot (love u!) en die National Arts Council vir die finansiële bydraes (niemand kan op poësie en musiek alleen oorleef nie, ongelukkig); die klank- en beligtingspan wat seker gemaak het alles klink, lyk en loop mooi; die fotograwe, Johann Vivid en Cherese Degasperi, wat die dag vasgevang het; en al die besondere kunstenaars, denkers, skrywers, dromers en musikante wat hulle talente met ons op die verhoog kom deel het. Van Louwrens Ferreira en Modise Sekgothe se meevoerende soundscapes, ons geliefde Ons Klyntji-bydraers se voorlesings en Lynthia Julius se kragtoer van ’n voorlesing (jaws were on the floor!) tot Hendriek Bleik, Fabel en Dierbaar se performances wat die voete laat ritme hou het — Klyntji en kie is bederf met ’n tentoonstelling van uitsonderlike talente en good vaaibs.
Baie dankie aan almal wat gekom, geluister, gekuier en gelees het. As jy vanjaar se Party+kie in Snor City misgeloop het, moenie treur nie. Volgende jaar is Ons Klyntji 130 jaar oud en ons hier by Klyntji-punt-kom-HQ gaan nie die geleentheid vir ’n makietie laat verbyglip nie. Watch this space.
Tot dan (om die verlange te sus, of die fomo te versterk), kyk na die foto’s hier onder, vasgevang deur Johann Vivid en Cherese Degasperi.
Louwrens Fereirra met Modise Sekgothe
Kleurfoto’s deur Johann Vivid
Swart en wit foto’s deur Cherese Degasperi
Hendriek Bleik
Modise Sekgothe
Fabel
Busi Mahlangu
Ons Klyntji-bydraer: Sello Huma
Ons Klyntji-bydraer: Almerie Kirsten (Almi K Smith)
Ons Klyntji-bydraer: Mariska Bolleurs
Ons Klyntji-bydraer: Nicole Thackwray
Ons Klyntji-bydraer: Estee Oosthuizen (ST Blue)
Ons Klyntji-bydraer: André Kluyts
Lynthia Julius
Jaco van der Merwe
Dierbaar
Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896
Ons bou aan ’n moderne beeld van hoe Afrikaanswees lyk, lees en klink. Het jy van Klyntji Party+kie 2.0 was vet pret gehou? Dan ondersteun ons. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy gelys.