Foto's van die Klyntji Piekniek te Kirstenbosch, Kaapstad







Ter viering van dié webjoernaal se 10de verjaarsdag
Ná die Klyntji Party+kie verlede jaar in Johannesburg was dit tyd vir ’n samekoms in Kaapstad. Die webjoernaal Klyntji het hulle 10de verjaarsdag in Kirstenbosch gevier met ’n piekniek waar digters Ashwin Arendse, Bibi Slippers, Ryan Pedro, Toast Coetzer en Veronique Jephtas voorlesings gedoen het. Francois Lion-Cachet, Klyntji se uitgewende redakteur, het die verrigtinge gelei.
Shukran, NB-Uitgewers en Helené Coetzee vir die 10 digbundels ter viering van ons 10de bestaansjaar wat deur ’n gelukkige trekking prysgegee is.
Baie dankie aan Babylonstoren en Retha Erichsen vir die Vonkeltee.
Trammakassie, Karien Belle vir die ontwerper-piekniekkomberse en goodies.
Marnus Strydom het die foto’s geneem 🔥.
Next up: Ons Klyntji, die eerste Afrikaanse tydskrif, se 130ste verjaarsdag in 2026.

Andréa Müller (bydraende redakteur), Elodi Troskie (inhoudsredakteur), Elzanne Coetzee (teksredakteur), Francois Lion-Cachet (uitgewende redakteur), Bibi Slippers, Toast Coetzer (Ons Klyntji-mederedakteur), Ryan Pedro, Ashwin Arendse en Veronique Jephtas

Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896
Ons bou aan ’n moderne beeld van hoe Afrikaanswees lyk, lees en klink. Het jy van Foto's van die Klyntji Piekniek te Kirstenbosch, Kaapstad gehou? Dan ondersteun ons. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy gelys.