Wie is Margot Rothman? Antwoorde hier!

Wie is Margot Rothman? Antwoorde hier!

Foto’s via @margotrothman

Sy deel van haar favs

Margot Rothman, dalk saam met iemand soos Elandré, se musiek oftewel “internasionale klank” is verfrissend. Dis nie musiek wat ek luister bloot omdat dit Afrikaans is nie, maar omdat dit (esteties) meeding met musikante wie se werk vir my internasionaal uitstaan. Haar musiek, terwyl dit geïnspireer word deur van vandag se gewildste popsangers, maak nie bloot na nie, maar kry iets rég. Margot dra by tot ’n vernuwing van cool, afgeronde en vibey Afrikaanse pop. Margot is oorspronklik van Bellville. Mense noem ook graag sy is die jong suster van musikant Loki Rothman. Sy het modeontwerp geswot en werk tans in die klerebedryf in Kaapstad, terwyl haar musiekloopbaan aanhou groei. Sy deel van haar favourites met ons, plus so ’n verdere bietjie insig oor wie sy is. – Francois Lion-Cachet

Musikante wie se klank my laat lekkerrr krrry

Lizzy McAlpine, Holly Humberstone, Coldplay, Ariana Grande, Beyoncé, The 1975, en Die Heuwels Fantasties. 

 

Hierdie films was vir my alles en meer

Ek kan nie sonder romantic comedies, ’n bietjie dramas, musicals en animations gaan nie. Ek leef myself diep in ’n fliek in, voel elke liewe emosie van al die karakters. Ek is super lief vir ’n traantjie-plukker en ’n fliek wat my laat voel asof ek my lewe nou moet gaan staan en beter maak! Ek is ook baie lief vir ’n fliek met ’n mooi soundtrack. Ek het te veel favourites, daar’s altyd iets wat my favourite top. 

ANIMATIONS: 

Soul (2020), Inside Out (2015), The Princess & the Frog (2009), Encanto (2021), ParaNorman (2012) (die mooiste theme song!).

MUSICALS:

Dear Evan Hansen (2015), Hairspray (2007), La La Land (2016), en my classics wat ek altyd en verewig sal oor en oor kyk – Pitch Perfect (2012) (net die eerste movie, die sequel kan nie die 1ste een beat nie), en enige iets High School Musical (2006—2016), want almal love dit om soms ’n bietjie nostalgies te raak. 

ROM COMS AND THE REST: 

Me before you (2016), The Maze Runner (2014), The Shape of Water (2017), Cruella (2021).

 

Series wat my wakker hou (op 'n goeie manier)

You (2018), Emily in Paris (2020), Manifest (2018), Stranger Things (2016) (of course), The Umbrella Academy (2019), Insatiable (2019). 

Die belangrikste van alles – Die Real Housewives van Pretoria (2022). 

Modehuise, plaaslik en internasionaal, wie jy van moet weet

My favourites internasionaal – Ralph & Russo en Oscar de la Renta. Alles wat hierdie modehuise maak is ongelooflik mooi, detail-orientated, “fyn” – dis vir my fashion wat sin maak. Jy sal altyd na een van dié twee modehuise se werk kyk en mal gaan oor hoe mooi dit is – totdat jy na die pryse gaan kyk ☺ 

Plaaslik – As Suid-Afrikaner is ek maar meestal gefokus op internasionale “what’s happening”, en ek is nog in die proses om nuwe plaaslike modehuise te ontdek. Maar plaaslike besighede wat ek weet nooit sal teleurstel nie, is Lena-Lisa, Stephen Van Eeden, en Suné Snyman design. 

 

My gunsteling, Kaapse koffiewinkels en restaurante

Ek drink glad nie koffie nie, maar kos is my alles! 

Ek sal altyd teruggaan na Max Bagels in Breestraat wanneer ek die hartjie van die Kaap besoek. My go-to is die BAT on a plain bagel. 

Ander plekkies wat ek al baaaie geniet het, is Clarke’s, Sgt Pepper, en Mojo Market. 

 

Thirst traps (lol), ek meen kyk net hier!

Sorry, dis maar my thirst traps. ’n Thirst trap is mos nou maar iets wat jou lus maak ☺ Enige page wat vir my lekker resepte wys – I die for it. Ek kan vir ure kyk na food tutorials. Love ’n video waar hulle die die crispy potato oopbreek of die chocolate lava cake oopsny… I know you know. Ek het ten minste op elke social app ’n saved collection-afdeling spesifiek vir kos – al maak ek nie een van die goed nie, ek weet dit gaan my eendag red.

 

Persoonlikhede wat skitter (dis nou influencers)

Lizzo. Punt. Die definisie van ’n empowered woman.

En ek love Britney Spears se videos wat sy post. “Influencer” is maar deesdae ’n baie wye term, ek voel almal is nou ’n influencer wat ver bo 25k followers het. Wyn vir die Pyn, Katinka die Kat, Looks by Lili, Marciel Hopkins, Uleen Fourie. Enige iemand wat vir my educate of laat lag op social media! Of net plain mooi is met ’n goue hart! 

 

Not-so-secret breakaways, want natuur, want lewe. Nie net vakansieplekke nie, maar plekke waar 'n mens waardering en kalmte ervaar

Ek het ’n groot liefde vir adventure en sal so graag nog meer (my liefde daarvoor) wil broaden – maar plekkies wat vir my sooo mooi is, wat vir my laat asem skep – Llandudno-strand, sunset op Clifton, die fietsrypaadjie agter Majik Forest tussen die wingerde, Bloubergstrand, Dappat se Gat (buite Gordonsbaai). 

 

Dank die Vader vir

’n Airfryer en bluetooth earphones. 

 

Ek wil dít nooit, ooit, ooit sien/dit naby my hê nie, net nooit nie!

Ek dink my grootste vrees is goggas, especially vlieënde goggas. Die mense wat my goed ken, weet ek sal skree en ver weghardloop vir ’n weird vlieënde gogga. Ek sal selfs dalk ’n bietjie uitfreak vir ’n groot mot. Ek en spinnekoppe is ook nie tjommies nie. Daar’s ’n Doom-blikkie permanent in my kamer en ek sal altyd eers iemand anders roep om die gogga / spinnekop te verwyder, want Ek. Kan. Nie. Deal. Nie. Ek weet – ’n bietjie dramaties – maar darem gee ek ’n bietjie vermaak vir die dag – always look on the bright side. 

 

Jy sou nie dit oor my kon raai nie

Ek kan my elmboog lek – het nou die dag ’n fliek gekyk toe sê hulle dis onmoontlik. Ek vat baie pride in my party trick ☺ (just jokes!) 

Ek is ’n ambivert. Ek kry my energie van myself en nie van mense nie. My social battery is baie “fragile” as ek dit so kan stel, en ek dink die meeste mense verwag baie keer dat ek hierdie verskriklike loud persoon kan wees, maar kom ek sê dit nou finally op skrif – ek love ’n one-on-one conversation en jy sal my baie min in die spotlight / middel van ’n groep kry. Ek hou baie meer daarvan om diep na jou te luister en te help waar ek kan as small talk.

 
Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Divers, progressief en vars. Waardeer jy ’n stem soos Klyntji s’n? Het jy van Wie is Margot Rothman? Antwoorde hier! gehou? Dan ondersteun ons. Donasies van lesers word gebruik om ons bedieningkostes te betaal: jou bydrae hou Klyntji aanlyn. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy erken. Elke bietjie help.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand