Woordeboek van Kaaps: motivering om te skryf soes djy praat

Woordeboek van Kaaps: motivering om te skryf soes djy praat
Grafika: Thaakierah Abdul

Nog 'n bron innie argument van os-sêran-allie-pad 

Het djy gehoo? Osse eeste Kaapse woordeboek is op pad. Die Drietalige Woordeboek van Kaaps (DWK) is ’n groot stap innie proses van erkenning vannie taal (meestal vi die nie-spreker).

Hoewel Kaaps eers sy naam innie 1970’s gekry het, strek dié taal se geskiedenis so ver terug assie vroeë 1600’s. Vi dié van os wattie taal elke dag gebruik, issie woordeboek net nog ’n bron innie argument van os-sêran-allie-pad, ’n vewagte oorwinning inderdaad. Die gemarginaliseerde taal wat eers beskryf is as gham-taal of kombuis-Afrikaans sal nou ’n akedemies-geldige bron hê wat nageslaan kan wôt dee opvoeders, studente en navorsers — dee beide sprekers en nie-sprekers. 

Die gemarginaliseerde taal wat eers beskryf is as gham-taal of kombuis-Afrikaans sal nou ’n akedemies-geldige bron hê wat nageslaan kan wôt dee opvoeders, studente en navorsers — dee beide sprekers en nie-sprekers. 
— Chrystal Williams

Wat djy alles moet wiet vannie woordeboek

Die woordeboek wôt saamgestel deerrie Centre for Multilingualism and Diversities Research (CMDR) byrrie Universiteit vannie Wes-Kaap ennie NGO Heal the Hood. Die woordeboek sal Kaaps, Standaardafrikaans en Engels bevat. Quentin Williams, Emile YX?, Shaquile Southgate en Tanswell Carl Jansen is onder meer oppie DWK se redakteursraad, terwyl ander bekende name soes Hein Willemse, Nathan Trantraal, André Trantraal, Ronelda Kamfer en Diana Ferrus oppie uitgebreide plaaslike adviesraad dien. Shaquile Southgate, die bestierende redaktee vannie DWK vetel dattie DWK opgemaak sal wôt uit veskeie bronne deerrie gebruik van transkripsies van uitgewers, navorsingartikels, musiek en historiese mondelinge bronne. Die samestellers gan oek innie gemeenskappe ingan vi face-to-face opnames en hulle gaan verder na films, documentaries en nuusartikels kyk as bronne. 

Williams beskryffie doel vannie DWK as om verdere lig te werp oppie roots en skryfstelsels van Kaapstad. Hy noem oek dat dittie gebruik van Kaaps op alle platforms en in alle genres en praktyke sal dokumenteer ommie geleefde taalkundige ervarings van Kaapssprekers sodoende vas te vang.

Volgens Williams fokus hulle innie woordeboek oppie vetaling van Standaardafrikaans en Engels na Kaaps. Die vasstelling vannie geskrewe Kaaps, gebore in antieke Arabiese tekste, sit vi os ’n stap nader daaraan om Kaaps as onderrigtaal in skole te kry. Williams noem oek dattie doel vannie CMDR is ommie Kaapse woordeboek te institusionaliseer soesie Woordeboek vannie Afrikaanse Taal (WAT) by die Universiteit Stellenbosch dala.

Die vasstelling vannie geskrewe Kaaps, gebore in antieke Arabiese tekste, sit vi os ’n stap nader daaraan om Kaaps as onderrigtaal in skole te kry.
— Chrystal Williams

Een vannie vrae wat opkom mettie nuus vannie ontwikkeling vannie woordeboek is of dit gan lei na die standaardisering van Kaaps. Die taal floreer innie buigsamheid van sy gesproke vorm en is grotendeels subjektief tottie konteks van tyd en geografie. Kyk byvoorbeeld na die konstante geboorte van niewe sê-goed (van “wat kaain” na “is alles orraait by die huis”) ennie geboorte van niewe sinonieme vi woorde (byvoorbeeld chommie, getuie, broe, bra en soe-ante). Die standaarisering van Kaaps kan daarom sy innoverende en vloeibare aard bedreig. Ek stem saam met Williams as hy sê dat ons nog vê vannie standaardisering van Kaaps is. Die stêk buigsame aard van Kaaps is sentraal tot sy bestaan en dit is onwaarskynlik dat een woordeboek dit gan ve’anner. 

Nog ’n vraag wat moontlik gevra kan wôt, is hoe hettie geskrewe Kaaps oorleef van die primitiewe bestaan in Arabiese tekste in Islamitiese skole na die DWK. Hierdie vraag kan jou by veskillende antwoorde uitbring, afhangend van watte generasie djy vra. Sommige sal sê die poësie van Adam Small was sentraal innie “instandhouding” en voortbestaan davan, wa ’n jonger generasie dalk kan sê dat die unapologetic trend van Kaapse woorde en sê-goed wat op jakkies is, soes Vannie Kaap se t-shirts en beanies, is wee die riede vi die voortbestaan vannie geskrewe taal. Well, it’s all of the above, nou oek insluitend die samestelling vannie DWK. Net soes die gesproke taal hettie geskrewe taal die kanon se deer afgetrap aide as om te klop.   

Geskrewe Kaaps het ontwikkel en niewe hoogtes vereer sonne die riglyne van ’n woordeboek. Kaapse romans soos Olivia M Coetzee se Innie Shadows (2020) en Chase Rhys se Kinnes (2018) omvattie kleurvolle ervarings van Bruin mense in hulle moedertaal. Jong Kaapse skrywers wôt toenemend in prominente media-publikasies verteenwoordig — Coetzee se artikels en resensies vi LitNet, Rhys se rubrieke virrie Rapport, en myself en Veronique Jephtas se bydraes vi Klyntji. LitNet het selfs in 2017 ’n kompetisie geloods om dele vannie Bybel in Kaaps te vetaal. Kaaps is oek op internasionale platforms sigbaar met Imraan Christian se photo-reeks getiteld Ma se Kinders (2019) wat in Vogue Italia veskyn’et. Die DWK het oek nasionale erkenning gekry toe Cyril Ramaphosa daaroor gepraat het in die staatsrede op Erfenisdag 2021. Hy noem dit ’n “beacon of pride for the many residents who speak Afrikaaps”.

Jong Kaapse skrywers wôt toenemend in prominente media-publikasies verteenwoordig — Coetzee se artikels en resensies vi LitNet, Rhys se rubrieke virrie Rapport, en myself en Veronique Jephtas se bydraes vi Klyntji.
— Chrystal Williams

Die geskrewe Kaaps vannie skrywers issie identies nie. Sonne nasionale riglyne hettie taal aangepas na elke spreker se unieke vingerafdruk. Mettie kollig op Kaaps ennie toenemende aanvrae na Kaapse skrywers en hulle perspektief, kommie DWK net oppie regte tyd. Dit is motivering vi wanne djy jou sê sê, om te skryf soes djy praat; trots in Kaaps. 

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Ons bou aan ’n moderne beeld van hoe Afrikaanswees lyk, lees en klink. Het jy van Woordeboek van Kaaps: motivering om te skryf soes djy praat gehou? Dan ondersteun ons. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy gelys.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand