BRAhSSE doenit vi die youth
Foto’s via BRAhSSE

Foto’s via BRAhSSE

Dié streetwear brand gee 'n gewone jakkie liewe

Die streetwear clothing brand BRAhSSE, die Kaapse woord vir vriende met ’n “h” vi heritage, is in 2017 gestig deur Shakoer Baderoen tydens sy tyd as student op Universiteit Stellenbosch. BRAhSSE veteenwoordig die identiteit van die post-apartheid generasie met sy wortels in eenheid, kultuur en geskiedenis. Die brand is geslagneutraal (nes die Kaapse woord “brasse”) met kleurvolle en stylvolle jakkies geïnspireer dee current trends, sosiale gebeurtenisse en seisoene; met ’n bietjie Brahsse flavour daarby. In ’n onderhoud (social distancing style) verduidelik BRAhSSE dat hulle vervaardigingsproses sluit in: uitkyk vir die regte material, die ontwerp daarvan en dan word dit gemaak dee ’n antie in Stellies. Hulle hoofboodskap (veral vi anner gemarginaliseerde ontwerpers en creators) is education is key, skryf neer jou goals, invest in jouself, en werk hard. Hulle bemoedig mense an om korttermyn sacrifices te maak vi langtermyn blessings.

My eerste encounter met die BRAhSSE brand was toe ek hulle bright hoodies, floppies en sokkies op Stellies se kampus gesien het. Op soe ’n biesage kampus is dit weinag vi mense se klere om uit te staan onne soeveel unieke karakters, ma die BRAhSSE pieces het ’n gewone jakkie liewe gegie. An die begin het ek gedink die wat dié jakkies an het, is deel vannie BRAhSSE tribe, ma hoe meer mense ek gesien het innie jakkies – en hoe groter die tribe geword het – hoe meer sin het hulle klem op eenheid en broederskap gemaak.     

Shakoer issie laanie van BRAhSSE en het alles begin met net ’n R100 en ’n idea vi ’n t-shirt. Hy het sy idee gedeel met sy BRAhSSE, naamlik: Yusra Baderoen, Chad Mockey (co-founder/model/ontwerper), Ethan Beukes (fotograaf/model/creative director), Irvan van Rooy (fotograaf/videographer/influencer) en Ziyaad Jeftha (influencer/model). My volgene gedagte is hoe maintain hulle die span se kreatiewe freedoms en bly terselfdetyd in lyn met die BRAhSSE brand? Chad sê hulle “minag […] niemand se different perspectives nie en almal se input is valid”. Allie BRAhSSE kom vannie Kaap en bly getrou aan hulle Kaapse oorsprong dee oorspronklike Kaapse woorde en terme te gebruik soes: “Are you wys” (is djy bewus van wat angan) en “oppiht” (optimisme of vasberadenheid).    

115887077_2668110223459069_7263213070891541153_n.jpg
CDb77YMHVSf.jpg

Vandag het BRAhSSE nege collections insluitend ’n collaboration met die groot koeldrank brand Jive. Die Jive collaboration het gelei na groter exposure vir BRAhSSE – met die advertensies van die collaboration op billboards en in supermarkte. Die nuutste collection het die 31ste Julie gedrop met ’n lemoen geel polo-nek, swart hoodie met die BRAhSSE logo  in verskeie kleure geborduur, en ’n denim masker.

Volgende vi BRAhSSE is hulle trip na Las Vegas, in die VSA, waarna hulle uitgenooi is om die eksklusiewe Agenda (die wêreld se grootste leefstyl en fashion trade show) by te woon in 2021. BRAhSSE issie ienagste Suid-Afrikaanse brand wat uitgenooi is. Vasberade om Suid-Afrika te verteenwoordig, is hulle biesag met ’n fondsinsameling vi hulle trip. Volgens BRAhSSE wil hulle, dee Agenda by te woon, “die Youth wys dat ienige iets possible is as djy jou mind da op sit en hard werk om dit te bereik”.

69638659_669216920254391_4973722766653311798_n.jpg
Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Divers, progressief en vars. Waardeer jy ’n stem soos Klyntji s’n? Het jy van BRAhSSE doenit vi die youth gehou? Dan ondersteun ons. Donasies van lesers word gebruik om ons bedieningkostes te betaal: jou bydrae hou Klyntji aanlyn. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy erken. Elke bietjie help.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand