Carsten Rasch se 1980's punk playlist
Zol, jol en protes
Hoe beland 'n middelklas Afrikaanse boytjie van Springs, ’n produk van Christelik-nasionale opvoeding, in die ruige wêreld van protespunk in die middel van die stryd teen apartheid? Dit is die verhaal wat vertel word in Carsten Rasch se boek Between Rock & a Hard Place (2019, MF Books / Jacana).
Die tagtigerjare in Suid-Afrika word beskryf as ’n puinhoop, ’n “schmangled clusterfuck” van ’n dekade. Vir die meeste whiteys was dit egter biltong, braai, rugby, sunny skies en Chevrolet. Vir ander, soos die skrywer, was dit ’n “one-eyed stumbling about in a world without signage”.
Die boek is ’n outobiografiese herinnering aan die skrywer se rol in die teenkultuurpunk- en new wave-beweging van die laat sewentigerjare en vroeë tagtigerjare as musikant, promotor en entoesiastiese getuie. Die verhaal van onstuimige tye word met hartlike oneerbiedigheid vertel. Daar word gewissel van helder oomblikke van wanhopige noodplanne wat gemaak moet word, tot psigedeliese avonture op die rand van gesonde verstand.
Die leser word op ’n spoedige wyse oor die slaggate van kultuur herinner of bekendgestel aan die half-vergete kampioene van onwenbare gevegte, van ’n groep misfits wat die sisteem probeer omvêrgooi het. Soms het hulle kortstondig daarin geslaag. Die boek sluit af met ’n speellys wat hier gedeel word.
1. ‘The End is Near’ — Malopoets
2. ‘Fight It with Your Mind’ — Asylum Kids
3. ‘Nightmare’ — Peach
4. ‘International News’ — National Wake
5. ‘Wot About Me?’ — Wild Youth
6. ‘A South African in Paris’ — Safari Suits
7. ‘Mamaliye’ — Amampondo
8. ‘Impi’ — Juluka
9. ‘Hey Boy’ — Via Afrika
10. ‘Sibuyele 915’ — Amampondo
11. ‘Shame On You’ — Flash Harry
12. ‘Third World War’ — Dog Detachment
13. ‘See Them Ah Com’ — Dread Warriors
14. ‘See Yourself’ — Ella Mental
15. ‘Shadows’ – Evoid
16. ‘Thugs’ — The Dynamics
17. ‘Toasted’ — Cherry Faced Lurchers
18. ‘Darkie’ — Corporal Punishment
19. ‘Shot Down’ – Cherry Faced Lurchers
20. ‘Polarisation Time’ — Riot Squad
21. ‘2nd Avenue’ — Bright Blue
22. ‘Mission to Cairo’ — The Softies