Ontmoet Damian, die hubare gay boer

Ontmoet Damian, die hubare gay boer
59999597_425248394973286_5401848731173650432_n.jpg

Boer soek 'n ou

In ’n eerste vir kykNET se realiteitreeks, Boer Soek ’n Vrou, word daar inskrywings aanvaar vir Damian (37), ’n gay skaap- en beesboer van die Bapsfontein-distrik in Gauteng. Damian is op soek na iemand wat boerdery sal kan verstaan en saam met hom op sy plaas wil woon. “Ek dink nie dis vreeslik maklik om ander gay ouens te kry wat in boerdery belangstel nie,” vertel hy.

Daar was in 2014 deur die span van die satiriese Vrydag Nag Laat-program op kykNET gespeel met die idee om ’n gay boer in te sluit by hierdie uiters gewilde realiteitreeks, met boer Gielie vertolk deur Beer Adriaanse. In ’n belangrike stap na groter queer-verteenwoordiging en -aanvaarding, het Boer Soek ’n Vrou dit vir die eerste keer moontlik gemaak om vir ’n gay boer briewe te stuur. Damian is een van 10 boere waarmee kontak gemaak kan word.

Dié insluiting word smaakvol hanteer met Damian wat beskryf word as ’n plat op die aarde ou, wat daarvan hou om saam met sy vriende musiek te maak. “Musiek is ’n groot deel van my en baie van my vriende is ook musikaal, daarom speel dit ’n groot rol in my lewe.” Damian vertel hy is godvresend en gelowig, en is mal oor die buitelewe en vakansies op stil, klein verlate dorpies. Hy beskryf sy ideale romantiese date in só ’n dorpie voor ’n kaggelvuur.

Uit vorige verhoudings het Damian geleer om elke dag wakker te word en om die volgende besluit te maak: “Vandág sal ek jou liefhê, en my beste gee vir óns. Mens kyk partykeer die klein goedjies mis, in plaas van om dit te waardeer, en om te wys mens waardeer dit.” Klink dit soos iemand vir jou? Skryf vir Damian teen 31 Mei.

Boer Damian se video

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Ons bou aan ’n moderne beeld van hoe Afrikaanswees lyk, lees en klink. Het jy van Ontmoet Damian, die hubare gay boer gehou? Dan ondersteun ons. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy gelys.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand