Om jouself te red van 'n quarter-life crisis
Remember You Are, deur filmmaker Mthandeni Khambule, is ’n bondige verkenning van wat as ’n rescue van ’n quarter-life crisis beskou kan word, “an introspective reassurance to oneself through the struggles and insecurities that come with transitioning from adolescence to being an adult.” Dit speel af op ’n geïsoleerde strand in Thailand, met ’n gedig en voorlesing deur Ntokozo Wandile Mbokazi. Edwin Musoke is die performance protagonis van die stuk, saam met wie die filmmaker met vakansie was ten tyde van die verfilming.