Lucy Kruger & The Lost Boys album launch
lucy kruger.jpg

Die launch van musikale wunderkind Lucy Kruger & haar trio van gedugte/kief/befokte/djas ballas musici, The Lost Boys, se nuutste (mees onlangste? Wat’s die regte woord?) LP, Summer’s Not That Simple, was ’n atmosferiese, somber aand wat my sedert die eerste oogopslag tot die laaste noot meegesleur het.

’n Amfiteater-esque vertrek in die Nasionale Kunsteskool is omskep in ’n kamer wat herinner aan ’n ambient onderwatertoneel. Die blou beligting en trippy visuals wat op ’n skerm agter die band vertoon is - wat gewissel het van watervalle tot bruisende golwe -  het, nes Lucy tereg gesê het, ’n gevoel van submersion geskep.

Tussendeur die set het Lucy, in haar kenmerklike skor, dog strelende stem (soothing indien strelend te, like, pedo klink…) met die gehoor gepraat.

Sy het vertel hoe Summer’s Not That Simple ’n baie persoonlike reistog is en hoe bevoorreg sy voel om hierdie reistog met die toehoorders te deel. Sy het uitgebrei oor haar voorliefde vir, en komplekse aangetrokkenheid tot musiek, wat begin het toe sy die voortreflike Joni Mitchell se Blue vir die eerste keer gehoor het.

“It felt as if the music was inside me.”

Lucy het deur die loop van die aand twee maal hulde aan haar heldin gebring met asembenemende weergawes van River en Clouds.

Lucy: jy mág maar.

Mila is redakteur van BooksLIVE.