Jana Babez!
1.jpg

Die Kaapse kunstenaar, deeltydse eksotiese danser, Britney Spears-fanatikus, Jana ‘Babez’ Terblanche, baan die weg vir performance art wat krities kyk na gender roles, veral dié van vrouwees. Met haar uitlokkende uitrustings en ontnugterende foto’s, spreek Babez onder meer seksuele teistering op Kaapstad se strate, en die raklewe van vroulike celebrities aan. Sy is unabashedly seksueel-uitdagend, en met haar kuns daag sy patriargale en heteronormatiewe geslagsrolle uit. Een van haar skeppings wat aandag vestig op die notion van die ‘slet’ en mans se reaksies daarop. Hollywood Cerise is selfs al op Dazed gefeature. Sy het ongeëwenaarde talent, ’n skerp sin vir humor, ’n klerekas wat skrik vir niks, en ’n sosiale lewe wat Paris en Nicole sal beny. Awê Jana Terblanche.

O ja, Lady Gaga het ook al haar tiete ge-autograph.

Mila is redakteur van BooksLIVE.

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Ons bou aan ’n moderne beeld van hoe Afrikaanswees lyk, lees en klink. Het jy van Jana Babez! gehou? Dan ondersteun ons. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy gelys.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand