Claudette Schreuders se beeldhouwerk
Claudette Schreuders se werk handel oor identiteit in post-apartheid Suid-Afrika. Deur haar beeldhouwerk en tekeninge beeld sy haar lewe, perspektief en verwysingsraamwerk as wit Afrikaanse vrou uit. Haar huidige solo-uitstalling, The Bystanders, is geskoei op haar nuwe houtbeeld The Guilty Bystander (eerste) – die tentoonstelling se hoofkarakter wat haar oeuvre saambind; ’n afgesonderde waarnemer wat nie haar implisiete betrokkenheid met haar omgewing kan vryspring nie. Die uitstalling dien as retrospektief van al haar litografieë van die afgelope 15 jaar. Ons deel van haar ou en nuwe beeldhouwerke, wat haar herkenbare styl na die lewe roep as treffende drie-dimensionele menslike manifestasies.
- The Bystanders wys van 6 Julie tot 11 Augustus 2017 by Stevenson Johannesburg.