Zanele Muholi vat Amsterdam aan
1.jpg
2.jpg

Hierdie afgelope Vrydag was die opening van Zanele Muholi se eerste groot solo-uitstalling in die moderne Stedelijk Museum Amsterdam. ’n Indrukwekkende byeenkoms met ’n venynige staartjie.

Muholi en Amsterdam gaan way back. Tydens haar werk vir die online gay magazine Behind the Mask (BtM) ontmoet sy die Nederlandse ZAM editor, Bart Luirink. Van die begin af is hy ’n belangrike ambassadeur vir haar werk in Europa.

Die uitstalling wys ’n seleksie portrette uit die ongoing reeks Faces and Phases, wat in 2006 begin het, waarmee sy swart lesbiër vrouens ’n gesig en ’n verhaal gee.

Haar nuutste reeks, Somnyama Ngonyama, waarin Muholi haarself afneem in uiteenlopende teatrale verskynings, wys ook. Haar verlede as ’n haarkapper is sigbaar in die amper agtiende eeuse haarpruike wat sy maak uit alledaagse goeters soos wasgoedpennetjies en staalsponse. Met die ekstreme swart en wit kontras in dié foto’s knoop sy die gesprek aan oor haar eie blackness.

Die uitstalling word geopen met ’n befokte performance van Annalyzer wat stand hou tussen Coco Rosie, Die Antwoord en hoe ek my die oerste oer-musiek imagine. Vervolgens is daar ’n speech van kurator Hripsimé Visser en ’n poetry reading van Phila Mbanjwa.

Muholi se einste posse speel hierdie week die hoofrol in ’n hengse rassismedebat in Nederland. Hulle het die aand van die opening in ’n Airbnb in Amsterdam oornag, waar konflik tussen die landlord en een van die crew members, Siba Nkumbi, uitgebreek het. Sy is van bo die woonstel se styl trappe gestoot en beland in die hospitaal. Ook Amsterdam is nie heilig nie.