Die ene Adam Heyns
Filmmaker, fotograaf en akteur Adam Heyns se werk laat jou deur die oë kyk van ’n jong Afrikaanse Suid-Afrikaner soos hy die indie urban lewe in Pretoria en Johannesburg vasvang.
Dink aan ’n circular GIF wat opkyk na die Voortrekkermonument se koepel, en ’n filmfoto van Madiba se hand wat deur die takke loer by die Uniegebou.
As kyker voel jy die sosiale selfbewusheid van die fotograaf aan, ’n integrale deel van hoe die moderne Afrikaner daagliks met die wêreld om hom omgaan. Dink aan ’n sleutelbossie as simbool vir white privilege.