Richardt Strydom se proteskuns teen die gruwels in Gaza

Weapons of war. Alle synthography-kunswerke deur Richardt Strydom. Kopiereg voorbehou.
Hy gebruik AI om uiting te gee aan sy afgryse
7 Oktober 2023: ’n datum wat ’n galbitter smaak in die menslike geskiedenis agterlaat; ’n datum sinoniem met genadelose menseregteskendings, ongebreidelde geweld en wreedheid. Die datum waarop Israeli-vorste die Gaza-strook binnegeval het en – byna een en ’n half jaar later – voortgaan met hulle oogmerk om onskuldige Palestyne uit te roei.
“I never paint dreams or nightmares. I paint my own reality,” het die Meksikaanse skilder Frida Kahlo gesê. En die bekroonde, plaaslike multi-media-kunstenaar, Richardt Strydom, neem ’n enerse benadering tot die volksmoord in Palestina, want alhoewel dié gruweldade nie in Suid-Afrika plaasvind nie, beteken dit nie dat dit nié deel uitmaak van alle menslike individue se daaglikse werklikheid nie.
Richardt wend hom na synthography – ’n vorm van AI wat digitale beelde, eners aan foto’s, skep – om uiting te gee aan sy afgryse vir Benjamin Netanyahu se apartheidgedrewe volksmoord.
Ek praat op ’n koel Vrydagaand met Richardt by sy huis in Melville. Hier volg wat hy met my gedeel het.
MILA: Richardt, waarom AI?
RICHARDT: Dit is punk. AI, right now, is punk. We don’t know what it does. We don’t know where it can go. Almal is bang. Ek dink dit is die perfekte medium vir die tyd. As Salvador Dalí en die surrealiste deesdae geleef het, sou hulle AI gebruik het. That’s a bold statement … Maar niemand kan my verkeerd bewys nie, omdat hulle nie lewendig is nie. It’s an unknown quantity. AI platforms het ingeboude human moralities, maar as ’n image creation tool, is dit amoreel.
MILA: Kan jy die layperson’s definisie van synthography gee?
RICHARDT: Elke gebruiker gaan hulle eie definisie daarvan gee; dis wat vir my beautiful is daarvan. It democratises image-making. So, my definisie van synthography is: Iemand het gedink ons moet AI imaging legitimise. En ek dink dit gaan verander. Ek dink daar gaan disciplines emerge met hulle eie etikette, of tags, of whatever you want to call it. En dinge gaan merge en dinge gaan evolve. Dis ’n nuwe tegnologie.
Toe fotografie begin het, was dit ’n single medium. Fotografie vandag het soveel multiple expressions. Daar is digital, daar is film, daar is retro en daar is genres binne-in fotografie. Ek dink ook dit is ’n tydelike ding. Maar ek dink ontwerpers, fotograwe, image-makers en kunstenaars is bang, want hulle’s precious oor hulle craft. En ek dink hulle is precious daaroor because their craft isn’t grounded in anything else than skill. En kuns is nooit slegs oor skill nie. Kuns gaan oor kommunikasie, kuns gaan daaroor om mense te bereik.
En as mens terug gaan na die clichéd Westerse tradisie van kuns, van die Renaissance-kuns wat uitgevloei het van Christendom, is dit regtig bloot om mense se stories te vertel. En as dit handel oor mense se stories vertel, is die medium nie ter sake nie. Dis oor die storie.
MILA: Kom ons praat oor die onderwerp van jou medium. Waarom die Gaza-volksmoord?
RICHARDT: Ek is oud genoeg om groot te geword het tydens apartheid. Gaza is a replay of the history I’ve seen happen in ons eie land. Gaza is ’n staat onder apartheid en die geweld wat vandag daar gebeur, is baie erger as … Ja, die apartheid regering het nie bomme op townships laat val nie, maar ek dink ook nie dis so vergesog om te dink that they wouldn’t go there. Dis ’n klein sprong in ’n opgefokte ideologie om te gaan van mense en masse met koeëls dood te maak en mense en masse met bomme dood te maak.
MILA: Dit is nou byna een en ’n half jaar sedert Israel Palestina binnegeval het. Wat sê jy vir mense wat steeds ontken dat dit ’n volkslagting is en Israel ’n apartheidstaat is?
RICHARDT: As jy nog steeds ontken dat Israel ’n apartheidstaat is, dan kyk jy net Fox News en ek weet nie hoekom jy, in Suid-Afrika, Fox News kyk nie … Selfs BBC – wat die genocide apologists’ se kanaal is op die stadium – het al erken dit is “possibly genocide”. Die United Nations, die mense wat dit as genocide officially geïdentifiseer het, is nie lukrake organisasies of een forum nie. Dit is international bodies with serious research. Dit is nie AfriForum wat gaan en sê: “Ja, ons het met rassiste gepraat en nou het ons ’n probleem met plaasmoorde nie.” Dit is ’n actual research-based, consensus-based genocide.
“Dit is ’n actual research-based, consensus-based genocide.”
MILA: Waarom is AI, as medium, belangrik vir proteskuns?
RICHARDT: Dis immediate. Ek kan nóú respond op iets wat gebeur het. Whereas, if I had to go draw it, or paint it, or photograph it, it wouldn’t happen. And it’s not a great artwork, but it’s a great visual piece. The beautiful thing about AI, is that it’s immediate and it democratises. Yes, I created this thing, but then information came about and it’s different. Then I can create something that responds to it, but I can do it quickly. It depends on whether you’re reacting in the moment or whether you are making a universal statement.
MILA: Jy verwys gereeld na “response”. Waarop respond jý?
RICHARDT: Ek respond op wat om my aangaan in my wêreld. Ek respond op wat aangaan in myself. Ek respond op wat aangaan in my konteks. Partymaal binne-in my gemeenskap, maar die gemeenskappe waarin ons leef is bra stabiel. We’re used to a certain amount of entropy but it becomes stable. Daar gebeur iets in jou community op ’n gereelde basis and then we settle into that pattern.
MILA: Wil jy settle?
RICHARDT: Nee, ons moet nooit in patterns settle nie.
In memory of the +112 journalists killed in Gaza since October 2023
The exposed rot of Western morality chokes the air
MILA: Ek het ’n deep dive in jou Instagram gedoen en gesien dat die eerste #freepalestine-beeld wat jy gedeel het, ’n generiese Palestynse vlag is. Jy het dit op 14 Oktober 2023 gedeel. Sedertdien het jy jou eie inslag tot dié beweging met AI benader. Vertel my van hierdie metamorfose.
RICHARDT: Ek post nou en dan actual images van Palestina. Dit is ’n interesting journey, want ek wil arresting images skep, but I’m not trying to create images that people think are real. Want dis obviously nie real nie: Ek sit nie in Palestina nie, ek sit nie in Gaza nie. But at the same time we need to create images that make people take notice. Dit is amper soos die AIDA-model van advertising [Attention, Interest, Desire, Action]. You have to grab attention, and once you have the intention, you can lead people to interest. En ek dink nie dit is unjustified nie, want as jy gaan kyk na die budget van die Israeli-regerings, disinformation in publication, in the promotion campaign: Jy deal met wêreldwye netwerke of agentskappe wat geld spandeer op PR en disinformation to gloss over the genocide.
“Dit is ’n interesting journey, want ek wil arresting images skep, but I’m not trying to create images that people think are real. Want dis obviously nie real nie: Ek sit nie in Palestina nie, ek sit nie in Gaza nie. But at the same time we need to create images that make people take notice.”
MILA: Gaan jy ook strategies te werk om jou eie benadering tot die volksmoord visueel uit te beeld?
RICHARDT: Using those same tactics to communicate to people is important. Want jy kan nie compete met iemand as jy nie dieselfde taktieke gebruik nie. So yes, I go about creating images I think will be arresting – to pull people in. But at the same time, daar’s die ethic van not presenting them as factuality. Which is a difficult thing because I have ethics in my process. But the Israeli process of spreading their propaganda has no ethics. Maar ek deel wél namaaksels en AI-kuns, ek deel wél dit wat nié real is nie.
MILA: Without disclosing?
RICHARDT: Without disclosing. Ek het ophou disclose because I think people are sophisticated enough to realise when things are not real. Maar die stuff wat ek doen en die level waarop ek dit doen, is commentary. Waar dit ’n probleem raak, is wanneer die tegnologie wat ek tot my beskikking het, duidelik as AI herkenbaar is, whereas the shit that they [Isreal] manipulate, you can’t tell …
MILA: Jy het jou eie benadering tot simboliek wat sinoniem geword het met die Palestynse weerstand, onder meer ’n reeks kunswerke wat waatlemoene uitbeeld.
RICHARDT: Daai reeks is gegrond op vanitas-stillewes: ’n Westerse konstruk, maar dit gaan oor die verganklikheid van die mens. Dit is ’n personal morality issue, so dit het my aan persoonlike verganklikheid herinner. Maar die political vanitas is a lesson to everyone: We’re witnessing a mass-genocide, we’re witnessing the annihilation of a people. Ons kan hoeveel keer teruggaan na Oktober 2023, maar voor daardie datum is daar hoeveel atrocities gepleeg. Daar was hoeveel keer genocide, in name and intent, voor daai datum. Ek dink die Islamophobic fear, wat ons in Suid-Afrika oorgeërf het van die Weste af, maak ons blind vir die feit dat daar ’n serious political imbalance in die wêreld is. Wat ons nou besef met Trump se trade charade … I have been telling people about the Global South discourse for the last year. En aanvanklik het niemand na my geluister nie. Then I persisted en mense het begin sê: “I see where you’re going, I’m realising.”
MILA: Hoekom dink jy mense luister? Hoekom is dit wat jy te sê het luister-waardig?
RICHARDT: Ek is nie alleen. Ek praat met jou. Ek is een persoon in een netwerk van mense that speak to the system. I do what I feel comfortable in addressing because if someone wants to take me on, I can talk to them about it.
MILA: Hoekom moet mense na jou kuns kyk?
RICHARDT: Mense hoef nie daarna te kyk nie, want dis op social media; mense kyk waarna hulle wil, hulle ignoreer wat hulle wil. Your outrage is against your intention. It’s not about what you see, it’s what you want to outrage against. And if you don’t take notice of it, you won’t notice it.
MILA: Jy maak gereeld gebruik van statistieke en data in jou onderskrifte, asook AI-beelde van vermoorde kinders wat metafories as poppe uitgebeeld word. Gaan jy met opset te werk om kinders as poppe, en nie werklike kinders nie, uit te beeld?
RICHARDT: Ek het lanklaas statistiek gepost because statistics, at this point in time, have become so fucking irrelevant. Ek kan, en sal weer, statistiek post, maar die statistiek is nie meer skokkend nie; dit is nou ’n gegewe en dít is die skokkende deel. Die skokkende deel is nie die statistiek nie, the fact that whatever I post, whatever anybody posts in terms of statistics, is irrelevant because we’ve crossed the threshold of humanity … Ekskuus, kan ons teruggaan na die vraag?
Thirteen thousand twenty-two tiny souls puncture the universe
You can’t put out a fire with a gun no 2
MILA: Beeld jy met opset vermoorde kinders as metaforiese poppe uit?
RICHARDT: You speak for what you can speak for, in hierdie geval victim shaming. Feminisme was my entry point into victim shaming: Showing people in a situation where they are being martyred, or being oppressed, or being abused just reinforces that cycle. Because it normalises it. So ek gebruik poppe as metafore vir kinders, want jy kan op X gaan, jy kan op YouTube gaan en letterlik sien hoe Gaza-kinders lewendig verbrand word. Jy kan sien hoe hulle lykies op tafels uitgelê word; jy kan sien waar hulle ledemate is; jy kan sien hoe ouers hulle kinders se oorskot optel en in plastieksakke sit om ’n dignified begrafnis te doen. Art can’t represent the horror of reality and that’s not the point.
MILA: Is daar enige ruimte vir menswaardigheid as dit kom by kuns skep van mense wat van hulle menswaardigheid gestroop is, van iemand wat ’n slagoffer geword het?
RICHARDT: Ek wil nie violence porn vir mense voorstel nie. And they can access that and also, for me to use that as an artist, is just exploiting actual, real tragedy and real violence. En dus het ek die poppe gebruik as metafore, want dit was die gemaklikste en probably the most cliché way of doing it, but I thought it was resonant. Does it match the horror of real life? Of course not. It can never. You actually don’t have to look at my art, go look at X en sien die real thing. En dit is die real fucking horror of Western morality.
MILA: Kom ons praat oor die metafoor wat jy toepas in jou kunswerk oor ’n Coca-Cola-teken wat in vlamme verswelg word.
RICHARDT: Dit is deel van die Power Failure series. Daar is die infamous quote, en dit ontgaan my nou wie dit gesê het, maar dis iets soos: “It’s easier to imagine the end of the world than to imagine the end of capitalism.”
Ons is, unfortunately, vasgevang in a cycle of profit-making and most people don’t think about it ever. Ever, ever, ever, ever, ever, ever. Most people don’t consider what is controlling this world. Soos Trump tariffs en insider trading – you don’t have to be a genius to recognise that this is an exercise of profit-making. We take for granted how entrenched we are in the system. And we don’t question or consider how entrenched we are.
Ek dink die likes is omdat dit ’n enigmatiese image is. Dis ’n image van ’n brandende Coca-Cola-teken. Ek bedoel dit letterlik as “ons moet kapitalisme afbrand”, maar dis ’n enigmatiese image. That’s the beauty of images. That’s the power of images. Dit plant ’n saadjie. Party mense het dit begryp. Ander nie. Maar hulle het dit gelike. Die beeld het ’n blywende indruk gelaat.
“That’s the beauty of images. That’s the power of images. Dit plant ’n saadjie.”
Ceasefire III
One of three buses
MILA: Jy het ook ’n beeld van ’n brandende bus geskep.
RICHARDT: Dit was heeltemal anders. Daar is nie ’n metafoor daaraan geheg nie. Daai is ’n letterlike agtergrond en werklikheid. Dis ’n statistiek wat direk gekoppel is aan die aantal kinders wat weekliks in Gaza vermoor word. Dis gelyk aan skoolbusse, net om dit vir mense te kwantifiseer. Elke dag maak Israel ’n busvol kinders dood. Dit was ’n poging gewees om die vlak van verwoesting vir mense ten toon te stel, so jy moet ’n klem op die visualisering daarvan plaas.
MILA: Hoe visualiseer mens statistiek?
RICHARDT: Ek dink dit was ’n futile, poëtiese poging en ek dink die titel is One of three buses. Want as jy na ’n kaart of infografika kyk, kwantifiseer dit nie die statistiek nie. En dis nie my oorspronklike analogie nie, dit kom van Democracy for America. Ek credit dit in die opskrif. Dit is letterlik hoeveel kinders elke dag doodgemaak word. Deur dit as ’n skoolbus, en nie ’n kol op ’n kaart nie, voor te stel, vermenslik dit die statistiek.
MILA: Tog neem jy ’n AI-benadering.
RICHARDT: Ek kon dit teken, maar dit sou dit nie real maak vir mense nie. Presenting something that looks a little bit more real makes it real. “Hoe maak jy statistiek real vir mense?” You put images to it. En dis wat ek probeer.
MILA: Jy het ook ’n reeks gegrond op wêreldleiers wat realisties en minder AI-esque gevisualiseer word, onder meer Netanyahu.
RICHARDT: Hierdie reeks is gegrond op die idee van history portraits, waar dit wat belangrik is, op ’n waardige wyse voorgestel word. Geskiedenis gaan jou portret anders uitbeeld as wat jy verwag. Netanyahu is een van hulle. Daar is minder Suid-Afrikaanse mense aangesien ons geskiedenis, in die konteks van wêreld-algoritmes, nie so belangrik is nie. Hulle verdien om daar te wees, maar algoritmies feature ons menseregteskendings nie.
MILA: Jou Portrait of a butcher-reeks beeld Israeli-soldate in abattoirs uit. Is dit ’n verwysing na letterlike menseslagting wat gepleeg word?
RICHARDT: Dit het begin met die verwysingsraamwerk dat alledaagse mense deel uitmaak van die stelsel. Die idee was om dit uit te brei: Portrait of a gardener, maar iemand wat in ’n brandende olyfboord staan; Portrait of a gardener, maar iemand staan in ’n opgeblaasde ruïne. Ek het nie die uitslae gekry wat ek verwag het nie. Die idee was om uit te beeld hoe alledaagse mense perpetrators kan wees en dit was moeilik. Toe ontaard dit in Portrait of a butcher, wat dit tereg is: ’n Soldaat is ’n alledaagse persoon wat mense doodmaak. Elke persoon verteenwoordig hulle ideologiese stelsel wat moord, skending en onderdrukking regverdig.
MILA: Word jy ooit so oorweldig deur iets dat dit jou verhoed om te skep? Of propel menseregteskendings jou drang om te skep? Het jy al ’n punt bereik waar jy voel jy nie kan aanhou skep nie?
RICHARDT: Ek moet ophou nuus kyk. Ek het al probeer, maar ek kan nie. Ek kan dit nie doen nie, omdat ek moet weet wat de fok met die menslikheid gebeur. En ek weet nie hoe om uit daardie borrel te ontsnap nie. Maar dis ’n baie goeie punt, die idee dat ek nie meer kan skep nie, of die idee dat ek nie meer kreatief kan wees nie. Kreatiwiteit is die enigste wyse waarop ek my woede en afgryse kan uitbeeld. Ek bereik ’n punt waar ek begrip verloor van wat met die menslikheid gebeur. Dan gaan sit ek. En dis die beautiful ding van AI.
Ek doseer bedags ure aaneen en bereik ’n punt waar ek net moet unload en ’n whiskey drink. Dan voeg ek net shit in IIS in. Ek sit gedagtes daarin. Die ander ding is, mense dink AI is: Jy sit ’n ding in en dan kom die print uit en dis perfek. That’s not it. Dit neem ure. Dit neem prompts om ’n goeie image te kry. En dis ’n beautiful process. Ek sit iets angry in en shit kom uit. Maar ek fine-tune dit op so ’n wyse dat dit ’n image word wat ek glo ander mense kan interpreteer en mee vereenselwig en nie victim shame nie. Die verteenwoordiging van die mens wat reeds annihilated is, moet nooit uitgebuit word nie.
***
Die samelewing in die geheel besef dit is die werklikheid wat bewaarheid moet word. Wat doen jý, Netanyahu?
Richardt Strydom. Foto verskaf

Mila is redakteur van BooksLIVE.
Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896
Ons bou aan ’n moderne beeld van hoe Afrikaanswees lyk, lees en klink. Het jy van Richardt Strydom se proteskuns teen die gruwels in Gaza gehou? Dan ondersteun ons. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy gelys.