Voor | ná | intussen: 'n blik oppi vyfde Swart Afrikaanse Skrywersimposium

Snippets uit Ceremonial things for the celebration of setting up a new house (Kubo Shunman) en Panels of a writing board. Foto’s van Swart Afrikaanse Skrywersimposium verskaf
Dis tyd om oo Afrikaans as geheel met meer verbeelding en nuuskierigheid te dink
Because we were not in our country, we could not use our own languages, and so when we spoke our voices came out bruised. – NoViolet Bulawayo, We need new names
إننا محكومون بالأمل وما يحدث اليوم لا يمكن أن يكون نهاية التاريخ – Saadallah Wannous
Held elke 10 jaar van 1985 af, summon die Swart Afrikaanse Skrywersimposium denkers bymekaar om die ontwikkelinge en inflection point van hierri growing tradition te analyse. Die vyfde Swart Afrikaanse Skrywersimposium (SAS5) het vroeg Oktober vanjaar by UWK plaasgevind en het akademici, skrywers en kunstenaars oo twee dae saamgebring om te praat oori distinctiveness van Swart Afrikaanse estetika, denke en die obstacles wat nog voorlê.
Die belangrikheid van só ’n literêre simposium wôd mooi described deu Hein Willemse in sy openingsrede: “Dit is deur letterkunde dat ons ander mense en ander wêrelde kan verbeel, dieper begrip vir menslike diversiteit kan kry en ons sin vir artistieke uitdrukking kan verdiep.” Wat ek graag wil bysit in hierri gesprek, is dat ôs nog besig is om ’n taal groot te maak wat nog itself ontdek. ’n Taal wat nie dogma moet chase nie, maa instead figuur, vorm, beweging. Ôs het ’n ethic nodig wat Afrikaans softer ommi rante maak. Daa is ’n synergy wat verwelkom moet wôd oppi rug van ’n nuwe woordeskat wat ontdek is. Ôs kort teerheid. Ôs kort soft landings.
Hierri storie encompass’ie die hele simposium vas nie, maa eerder korte vignettes. Oomblikke watti gees en aard vanni simposium vasvang; waaskuwings en horizons wat vi my as skrywer pensive maak.
“Dit is deur letterkunde dat ons ander mense en ander wêrelde kan verbeel, dieper begrip vir menslike diversiteit kan kry en ons sin vir artistieke uitdrukking kan verdiep.”
Air liur menetes
SAS5 val oek saam metti 100-jarige viering van Afrikaans as ’n amptelike taal. Ôs kyk’ie net na ’n literary wêreld nie, maa oek na die wording van ’n taal. Ôs dink dus oo nuwe ways om Afrikaans te stimuleer. Die storie van hierri taal lê vas in multicultural mites, bydraes en salts. Ôs moet terugkeer na daai wortels om nuwe pathways te vind om tradisies en invloede te balanseer, terwyl ôs simultaneously ’n gespanne en onderdrukkende geskiedenis uitfilter. Hierri praktyk en gaze is krities. Die gaze wat ôs gebruik, is nie net om die geskiedenis vir subversiwiteit te lies’ie, maa oek ommi toekoms te kontekstualiseer.
Een referaat, aangebied deu Bibi Burger van die UK, Komvandaan as betekenisgenererende konsep, vang my aandag, omdat Burger Hugo ka Canham se Riotous deathscapes (2023) gebruik om oo oorsprong en toekoms te dink. Burger gebruik Canham se idee van ukwakumkanya. Eenvoudig gestel, beteken ukwakumkanya om ’n skaduwee te maak sodat jy iets duideliker kan sien. Dit wôd vertaal as skeefkyk, maa hier wôd dit reimagined, ge-queer, as ’n manier van attentive looking. Om oo te dink, om te herwaardeer, om konneksies te soek. Dit erken oek Swart kennissisteme as iets op hulle eie, nie net ’n aanhangsel van ander sisteme nie. Burger se gebruik van hierri raamwerk stel ’n active manier van dink voor. Ukwakumkanya is ’n werkwoord; dit is lewendig. Dit gee lewe aan taal, maak dit buigbaar, aanpasbaar en veranne die pause of inquiry into a deceleration rather than a halt or a prison. Hierri gesprek tussen Burger en Canham voel vir my sentraal tot SAS5 as geheel.
Dis tyd om na Swart Afrikaanse skryfwêk te kyk, om oo Afrikaans as geheel met meer verbeelding en nuuskierigheid te dink. Ôs het groot denkers wat nie net oo sosiale fenomene of politieke oortuigings dink nie, maa oo iets figuurliks, metafories, en wanneer jy iets soos ukwakumkanya beoefen, raak’it moontlik om die current gees in Swart Afrikaanse skryfwêk uit te lig. ’n Jong asem wattie net op die verlede reageer nie, maa oek sy eie ritme bou, iets wat glinster.
Snippets uit The concourse of the birds en Lu Ji’s essay on literature. Foto’s verskaf
Gui gowa-i ge tatse ǂâusa tama hâ
Ek het oek die voorreg gehad om jong akademici te sien praat en kritiese vrae vra, en lewendige gesprekke aansteek. Nina-Rose Clarke, ’n meestersstudent by die UWK, het ’n referaat oo Bruin manlike subjectivity aangebied. Clarke gebruik Brian Fredericks se werk ommi kollig op die idee van meervoudige manlikhede te sit. Al issi projek sociological in nature, wys Clarke, saam met D’Angelo Kemp, oek ’n MA-student by die UWK, op die verskillende identity potentials waartoe die Coloured male body kan access kry. In plaas van om net op toxic masculinity te fokus, probeer’ie werk ’n ruimte oopmaak wat meer forgiving, capacious en meer deernisvol is. ’n Ruimte waar mans en seuns kan flourish.
“Ôs kyk’ie net na ’n literary wêreld nie, maa oek na die wording van ’n taal. Ôs dink dus oo nuwe ways om Afrikaans te stimuleer.”
'n Saamkoms: Paneelgesprekke en tussenwerpsels
Oppi tweede dag van die simposium het skrywers en creatives ’n reeks paneelgesprekke aangebied, met temas van feminisme, entertainment and media, life writing tot voorvaders. Wat ek rerig vanni paneelgesprekke gehou’et, issi leverage watti facilitators en paneellede gevat’et om die literary enni persoonlike te engage. It wasse geleentheid vi enigiets om te emerge, conversation van ’n priority. ’n Blend van conceptual ideas en in-depth responses. Daa was iets intrinsically privaat oo hierdie gesprekke.
Dit was oek my eerste kee om ’n paneel te facilitate. Ek kon in gesprek wees met Ryan Pedro, Elias P Nel en Willem Fransman jr oo die tema Voorgangers en die nuwe generasie. Elke paneel was vol gems uit die creatives se lewens. My ervaring metti paneel was chilled, steady. Ôsse panel was op sigself ’n exercise in intergenerational conversation. Deu die gesprek het ôs die beperkings en freedoms van die epochs in Afrikaans writing outline. Oom Elias bemoedig jonger skrywers om kanse te vat, om temas en onderwerpe met soeveel honesty en enthusiasm aan te pak. Ryan Pedro lig oek uit die belangrikheid vanni global conversation wat ôs in Afrikaans moet continue. Hy voeg oek by die importance van vlytigheid verstaan, ommit te master, ommit met ’n dauntingness te leer. In essence hettie gesprek oek ’n drawing oppi board neergepen in permanent marker, dat ons moet die erns van ôsse eie stories skryf, in ôsse varying stemme, verskeie dialekte en intertexts, varying styles en formats; dit met contumacy hanteer.
Sprekers soos Herschelle Benjamin, Jolyn Phillips, Antjie Krog, Charmaine Africa, Lynthia Julius, Shirmoney Rhode en Alfred Schaffer het ook diep oomblikke gedeel, idees wat radikaal is en wys hoe wyd ôs kreatiewe gemeenskap dink. Gedurende die Wanneer outobiografie en letterkunde ontmoet-gesprek, gelei deu Courtneigh Ess, ’n skerp, talentvolle en astute denker, het ek aanklank gevind by wat gesê is. Diana Ferrus, Charmaine Africa en Anzil Kulsen lewer sentiments oo die positionality van hulself. ’n Vars reminder datti wêk nie eintlik oo die individu is, maa heeltemal oo wat’it betieken om ’n storie deu jouself te bring. Dai storie gaan daa’oo om nuwe lewe te maak; jy veloo jouself inni proses. Die paneel lewer oek ’n refleksie, myns insiens, oo die occupation met truth/biography as literêre metode, en dat ôs moenie oek die fictitious disregard nie.
Smoke break
Al wil ekki disappointment artikuleer nie, my gevoel oo SAS5 is ambivalent. Ek het uitgesien na ’n lewendige simposium wat meer generatief en bemoedigend sou wees. My excitement oo die geleentheid het weggefizzle ná die eerste hour, daana was alles ’n choice between being oblivious of tien alles stry.
Ek wiet ongelukkig nou hoe dit gevoel’et om deu akademici verkleineer te wôd en om te sien hoe hulle mekaa verkleineer. Van di gesprekke was compressed en heavily structured op wyses watti simposium styf en tepid laat voel’et. Dit gaan alles oo vorm. En hierri vorm van byeenkoms doen min geregtigheid aan die intelligensie van die sprekers en denkers. In een vertrek het ek three older and established speakers hoor praat en kritiek lewer oo ’n jonger speaker se referaat in hulle eie disjointed gesprek. Geen intention om haa deel van dai gesprek te maak’ie, asof they did not co-opt her work vi hulle soap boxes. Issi reggie; die ruimte behoort open en flowy, inne manier wat ammal insluit, wat ammal lisensie gie om te deel, deur te dink, te skep. Ommi nuut as interessant te beskou in plaas van dreigend of impetuous. Die teenwoordigheid van jonger academics needs to be noted, omdat hulle’ie zeal en drive possess om die toekoms van Afrikaanse academia te hervorm, te invigorate. Tydens een of anne smoke break saam Lynthia sê sy vi my: “Paul, die simposium voel soes dai quote: ‘When the student is ready the teacher will appear. When the student is truly ready ... the teacher will disappear’”, terwyl sy exhale. Ôs sit altwie lag-lag by mekaa, having walked out into something slower, reciprocal, soes dai een Frida Kahlo painting. We cannot grow dead seeds if we are the ones who left them to dry out. Die proses moen verander; ek sê nie briek’ie hele institution affi, maa briek affi wit mure, die masker van sophistry en te veel secondary readings.
Ôs kort iets anders. Iets wat ôs almal weer in studente render. Iets wat ôs uitruil van kennis kan demilitarise; ôs vrees en angs vir kritiek kan sag maak. Ek praat vaguely op purpose en kies om nie die mense te noem wat steeds snaakse gimmicks perform, jong akademici verkleineer, kulturele nuanses mislees en narratiewe laat vrot nie. Wat ôs rêrig nodig het, is ’n simposium van vriende. ’n Oepelug tent, ’n ry mense punctuated deu wit borde soos ellipses. Ôs staan inne tjok-en-blok vol lyn vi dinner, dessert, met Kenny G se ‘Forever in love’ wat inni agtegrond speel. In die way vra ek ’n nuwe ritme vi die formaat vanni simposium. Honestly, bedel ek virre oomblik waa ôs ammal in stargazers gerender is, wesens wat iets grênd verwag, maa oek iets intern en homely verwag. Ôs kort meer conviviality, and after, ’n amber lig, en nie net tydens teepouses of breathers nie.
Deurri richness en vibrancy van Swart stemme continually uit te lig, kan ôs dié taal se versmoorde dele weer activate. Ek moedig ôs an om mee gesprekke te hê. Laat simposiums plekke wies asse vetrekpunt vi nuwe werk, idees, konsepte. Ommi akademiese, die esoteriese, die vague, die homely, die agteryaadt, alles tegelyk te meng. Ukwakumkanya én ’n diep artistieke uitdrukking wat net meer en meer beauty aantrek en lok.
“Laat simposiums plekke wies asse vetrekpunt vi nuwe werk, idees, konsepte. Ommi akademiese, die esoteriese, die vague, die homely, die agteryaadt, alles tegelyk te meng. Ukwakumkanya én ’n diep artistieke uitdrukking wat net meer en meer beauty aantrek en lok.”
Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896
Ons bou aan ’n moderne beeld van hoe Afrikaanswees lyk, lees en klink. Het jy van Voor | ná | intussen: 'n blik oppi vyfde Swart Afrikaanse Skrywersimposium gehou? Dan ondersteun ons. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy gelys.




