Dawid Minnaar sê Sandra Prinsloo maak lekker eiers

Agter die skerms by Die Moeder, vasgevang deur Nardus Engelbrecht

Omtrent geen gehoorlede wat Die moeder gekyk het, weet dat die blomme wat in Anna (Sandra Prinsloo) se kombuis staan, Dawid Minnaar se handewerk is nie. Minnaar vertolk die rol van Pierre, Anna se man. Hy hou blykbaar van die eiers wat Prinsloo tydens een van die tonele maak. “Ek kry net te min tyd om meer van dit te eet!” sê Minnaar. Mens wonder of hy vir Sandra laat weet het hoe hy sy eiers verkies…

Roeptyd vir die geselskap is 17:30 op hierdie Vrydag in April. Dit is die voorlaaste aand vir die stuk by die Baxter-teater in Kaapstad. Vertoontyd is 19:30. In dié twee uur word Prinsloo, Minnaar, Ludwig Binge en Ashley de Lange die karakters van die bekroonde regisseur Christiaan Olwagen se eerste teaterstuk in jare. Binge vertolk die rol van Nicolas, Anna en Pierre se seun, terwyl De Lange Nicolas se liefdesbelangstelling, Elodie, speel.

Tussen strek, gesels oor hulle dag, grimering, stemme wat opgewarm word en fokus, sorg die tegniese span dat alles in plek is: Die klank, die video, die eiers, die pille. Die fyn beplanning van die multimediaproduksie so georkestreer om te sorg dat nog ’n gehoor huil en lag, of beide tegelyk. Dit is die wonder van teater.

Hierdie laaste foto is by 2022 se Woordfees geneem.


Die moeder is vanjaar met drie kykNET Fiëstas bekroon: Beste feesproduksie, beste regie (Christiaan Olwagen) en beste spel in ’n hoofrol (Sandra Prinsloo). Die produksie het ook vyf Woordtrofees-toekennings verower by verlede jaar se Toyota US Woordfees.

Die moeder is Olwagen se Afrikaanse verwerking van die dramaturg Florian Zeller se The Mother. The Mother vorm deel van ’n trilogie wat ook The Father en The Son insluit. 

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Divers, progressief en vars. Waardeer jy ’n stem soos Klyntji s’n? Het jy van Dawid Minnaar sê Sandra Prinsloo maak lekker eiers gehou? Dan ondersteun ons. Donasies van lesers word gebruik om ons bedieningkostes te betaal: jou bydrae hou Klyntji aanlyn. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy erken. Elke bietjie help.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand