Van Pletzen se manifesto van Grootness

That grootness you're a klyn stukkie of

Sonbril, tjappies, fluite, Jägies, zaabswaai, Mengels, meer skop as fennel: Legehness-gurus Groothond en Naxxie (blykbaar heet hulle IRL Peach van Pletzen en Matthieu Auriacombe??) is terug. 

And with mening, mense. 

Meening that Van Pletzen (aka Groothond en Nax) se derde (!) album, ENTER THE GROOTNESS, sedert 28 April “oral beskikbaar is”. 

Hierdie stelling à la Peach: Uitgekit in drip wat skrik vir niks (“met elke album kan jou ketting ook bietjie groter word,” seg hy met ’n gepaardgaande drip-pluk), sy kenmerkende oranje shades oppie gesig en kakgroot ringe wat uit die maanbehepte man se moonbag verskyn, is hy gereed om met klyntji-punt-kom te klets. 

Die eerste snit, ‘The Mystery of the Legehness’, nooi jou sommer reeds op ’n tog om die grootness te enter.  

Sacking the goudness

“Drie albums gives you that little bit of gravitas; you’re now filling all three spots on the podium: The brons, the silwer and the goud,” laat Peach van hom hoor aangaande hierdie musikale mylpaal. 

“In all seriousness, it feels great. It’s been three years since Love and Legehness and a whole pandemic, a lot of life and groei. En ek voel hierdie album het dit alles vir ons vasgevang.”

Goud en groei manifesteer in die lirieke én musiekvideo van die eerste song wat as enkelsnit vrygetsel is, ‘Die lewe is ’n lied’. 

Kykers word in die Louis Minnaar-directed video bederf met ’n “big golden sack that just comes and liberates and complicates and motivates mense,” vertel Peach oor die goue testes wat ’n hoofrol in dié video vertolk. 

Hy brei uit oor hoe die musiekvideos van ‘KAKMAL’ en ‘Die lewe is ’n lied’ Koning Midas se swierlike begeertes betrek: 

‘KAKMAL’ het ’n “big, golden zaab wat nou daar in die hoek staan,” beduie hy. “Ek het gehou van die idee van ’n goue zaab wat in ’n goue sack verander.”

Aangesien ‘Die lewe is ’n lied’ ’n “hip-hop energy” het (“808 en low-beat driven” in musikale terme) het Peach en kie besluit om die gek te skeer met hip-hop-kultuur.

En só het bloot ’n golden sack – en nie die goue zaab nie – ’n supporting role in die video gehad:

“In hip-hop culture there’s a lot of references to geld and your member and your enormous wealth – en ons leef fokken in ’n society where people believe in the idolatry of wealth and billionaires,” begin Peach met ’n stelling waarop Marx trots sou wees. Pravda!

Ons leef fokken in ’n society where people believe in the idolatry of wealth and billionaires.
— ’n Stelling waarop Marx trots sou wees. Pravda!

“It was a humorous and satirical way of using hip-hop culture and slang to not only make a comment op masculinity, maar also wealth en die idolising of geld,” brei hy oor die lirieke uit. “Like it’s giving you some kind of a groter dick, or Big Dick Energy,” denounce hy verder materialisme en conspicuous consumption. 

Die “absurdism vir my of just rhyming ‘sack’ with ‘sack’ and then changing the werkwoord” het verder bydra gelewer tot die belaglike aard van wanting to maak baie ZAR’s. (Let’s be eerlik...) 

“Entering the grootness”: What it betekens

“First of all, there is a grootness inside of you,” val Peach in sy neologistiese woordeskat – Mengels – weg soos hy die wese van hierdie #goal beskryf: “Amper soos ’n galaxy uit alles waaruit jy bestaan. Discovered and undiscovered. Gedek en ongedek!” rek hy sy oë. “Just like a tafel.” 

Versadig? Wat wou!

“Daar’s ook ’n groter grootness of which your grootness is a part of. And entering the grootness is this quest or journey or invitation to go and spandeer the tyd to find and enter that grootness. Undergoing such a profound journey, you need a soundtrack. That’s where the music comes from.”

The teaches van Peaches keeps on groei’ing: “In this wêreld, there’s klein and then there’s grootness. And in everything you do, you can either choose to be klein or to be groot. And if you choose to be groot then you are entering the grootness. The more you make that choice over and over and over, the groter you and your wese and your being becomes so that you are more legeh by the time you go dood and less klein en bitter,” laat die hoofseun (grootseun?) van legehness hoor. 

Natuuring 

Die grootness van die galaxy as geheel is tasbaar in die natuurelemente wat op die album verskyn: Van blomme wat op die omslag pronk, tot verwysings na die maan, sonskyn en sweefing in space: Groothond en Nax was duidelik stout vir ’n stukkie natuur-influx, n’est pas?

“Lovely, well-spotted!” glimlag Peach. “I love the maan, I love the son, I love the natuur. I love the idea that ons hierdie mense is wat op hierdie bal ook besig is om te ‘natuur’, soos wat die son skyn en die wind waai en die ocean wave” – sy linkerhand boots branderbaljaar na – “so ‘mens’ ons.”

Op ’n musikale wyse “[v]oel ek tussen nou en die vorige album was daar baie gróéi. En dis ook net lekker om oor die natuur te skryf en as metafore te gebruik. Ek dink growth is relatable op ’n manier wat mense nie weet hoekom hulle relate just because they are also busy groei’ing. Hopefully.”

Gaaning groot with genres 

Nes die grootness van die natuur, so ook verskyn daar ’n smorgasbord van genres op ENTER THE GROOTNESS.

“Disco, indie, rock, reggae, trance, synth, vaporwave, very strong ’80s,” la’ t wiel hy oor die style. “En ek dink if it was 17 songs of just one genre it would have definitely risked being monotonous. Omdat albei ek en Nax producers is we’re having fun with music and genres that interest us en waarna óns luister.”

And with groot genres, comes groot name: Kurt Darren, Early B, Angie Oeh en Arnold Vosloo verskyn ammal op Van Pletzen se musikale journey into your eie grootness. 

Hoe besluit die band watter kunstenaars om te betrek by ’n album of liedjie? Wie gaan ’n tune nca maak? 

“Exactly: Once you start working on a liedjie, it reveals wie dit sal wil hê, ook hoe dit sal klink and who will work,” antwoord Peach. 

En vir ene Herr Darren was dit ‘Moot tot Amerika’...

“Ná ons Praating-chat so many people said in the comments ‘this collab has to happen’,” skets Peach die agtergrond. “Toe dog ek almal gaan expect ons gaan ’n sokkie-ding doen of -treffer of dans-ding.”

Toe nou nie: “Let’s just go glam-rock! And Kurt – when I first explained it to him – he was like ‘ja, ek weet nie. Ek sal maar moet luister’.”

Ná die luistersessie was Kaptein Kurt toe wel aan’t boord vir ’n tune oor Die Moot: “When he heard it ‘nee, nee, ek like dit!’,” vertel Peach. “Hy’t by die listening party dit goed opgesom: Om saam te werk is soos om vir die eerste keer ’n helikopter te vlieg. You’re either going to crash or burn or you’re going to be like ‘holy shit, I’m vlieging ’n helikopter with no training!’”

As for Arnold Vosloo verskyn’ing?

’n Paar dae ná hý op Praating was, voicenote hy vir Peach. “Ek het klaar gesê, I like the maan and the kosmos,” skep Peach konteks oor die stempos waarin Vosloo die volgende seg:

“Hallo, Groothond. Dis Arnold. Ek bel om te sê dankie vir vandag. Ek wens jou alle sukses toe. Dis volmaan. Lekker.”

Vosloo se VN verskyn toe op die finale snit, ‘Volmaan’: “It ends the journey there with a beautiful, full moonrise en die begin feels like sunrise with the organ wat die album afskop. It ends with gravitas en enige persoon wat al vir Arnold Vosloo in persoon gesien het, knows ‘that oke holds gravitas!’” 

Zaableeu™, naai time en a slobbering space-trol.

Nes Vosloo gravitas skep, skep die aarde en swaartekrag vir this bal we’re sweefing on ’n zoljol van ’n dag: 420, mos. En om dié auspicious geleentheid te vier, het zaabliefhebbers Groothond en Nax die enkelsnit ‘Red Eye Jedi’ op 20 April uitgereik. 

Met ’n koor wat “ons het soveel zaab geswaai / noem my Red Eye Jedi” lui, wonder ’n mens: Het die tweestuk 420 zabe ter ere van 420 geswaai?

“Jissie! 420...” kom die shooketh reaksie. “Nee... Maybe 4.2 gram zaab geswaai ter ere van 420. En ’n paar edibles, beskikbaar by zaberfluten.co.za. For Red Eye Jedis only,” knipoog Peach. 

“I’ve always wanted to make a zaabsong that has more of a reggae/gospel/zaab-gospel undertone,” laat hy verder van hierdie album se zaab-anthem hoor. 

“Hopefully that’s also going to be the birth of Zaableeu.”

Start skenking baie aandag nou because Groothond has planne to groei into grootkat (-jie van die zaabbaan) met dié neologistiese persoonlike naamwoord!

Start skenking baie aandag nou because Groothond has planne to groei into grootkat (-jie van die zaabbaan).
— Mila de Villiers

Trademark dit sommer, waag ek. Peach stem: “Dit moet een woord wees, though. Want jy kan nie ‘leeu’ trademark nie. That belongs to the Big Five.”

Die zaabpraat bereik sy coda met ene Yoda, oftewel die Star Wars-karakter met wie Peach die graagste ’n (light)zaab(er) sou wou swaai: “Because he also praats a bit of Mengels. So I can verstaan that slobbering space-trol.”

Die gesprek neem ’n intergalactic 180, soos ons van ’n kwylende Jedi Master tot a master of sexiness aanbeweeg: Ene kletsrymer en Van Pletzen-collaborator, Early B. “I don’t know if he’ll admit to being a master of sexiness, but he knows it,” smile Peach.

“Hy’t sóveel sauce aan die begin van daai song neergelê,” laat hy van Early B se bydrae tot die sex poz ‘Sexy Time’ hoor. “Dis cool dat hy just kicks it off and it’s straight down to business.” (’EYYOOO!)

A klankbaan for your grootness-reistog

Die tyd die haal ons in, en die swanesang van ons klets-sesh word behaal deur kragtige en magtige lewensraad van Peach:

“Vat 51 minute vir jouself,” moedig Groothond jou aan oor die luister- (en lewens-) ervaring van ENTER THE GROOTNESS. “Don’t go on your phone, don’t multi-task, don’t kyk something while scrolling. Vat 51 minute because this is time you actually are spending with yourself. Put on the album from top to bottom and see where it takes you on your own journey to your grootness.”

Legeh.

Mila is redakteur van BooksLIVE.

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Divers, progressief en vars. Waardeer jy ’n stem soos Klyntji s’n? Het jy van Van Pletzen se manifesto van Grootness gehou? Dan ondersteun ons. Donasies van lesers word gebruik om ons bedieningkostes te betaal: jou bydrae hou Klyntji aanlyn. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy erken. Elke bietjie help.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand