Gehou van My Octopus Teacher? Dieselfde filmmaker het dié dokkie gemaak

Gehou van My Octopus Teacher? Dieselfde filmmaker het dié dokkie gemaak

Kyk Craig Wilson se The Great Dance oor die San se konneksie met die natuur

Het jy My Octopus Teacher op Netflix gekyk en gewonder hoe mense nog seekat van ’n spyskaart bestel? Self. Die man wat op die seekat in dié reeks verlief raak, ene Craig Foster, is ’n gerekende Suid-Afrikaanse dokumentêre filmmaker. Aan die begin van My Octopus Teacher word daar vertel hoe Foster ná die voltooiing van ’n dokumentêr oor die San van die Kalahari erg depressief geraak het, weens ’n besef dat hy – en die mensdom – ’n konneksie met die natuur verloor het. Hierdie dokkie se naam is The Great Dance: A Hunter’s Story (2000) en kan gratis aanlyn gekyk word. Dit is saam met sy broer Damon Foster oor ’n tydperk van sowat drie jaar gemaak.

Die verhaal gaan oor drie !Xo San-jagters wat tot die uiterstes getoets word. In die dokkie word die verhouding tussen San-jagters en hulle prooi uitgebeeld, met voorheen ongekende nabyheid aan en insig tot hulle rituele, wat nog baie dieselfde is as duisende jare gelede. Die San se kennis van die wêreld rondom hulle is verbysterend. Deur spoorsny ontwikkel die jagters ’n diep persoonlike band met die dier wat hulle jag, soveel so dat hulleself daardie spesifieke dier word.

Die San se bestaan is egter ’n saak van lewe en dood. Droogte, ontwikkeling wat hulle lewensgebied laat ineenkrimp, en die opskorting van hulle jaglisensies, maak hulle tradisionele manier van bestaan ongedaan. The Great Dance: A Hunter's Story is ’n roerende meditasie oor die spiritualiteit van verbindings en om fyn aandag te gee. In die dokkie word daar deur die een jagter opgemerk oor hulle jag-bestaan: “That is what we do. That is who we are. Tracking is like dancing. This is the great dance.”

Met: Karoha Langwane, Xlhoase Xlhokhne, !Nqate Xqamxebe en Sello Maake Ka-ncube (vertellers), Ellen Windemuth (vervaardiger), Jeremy Evans (skrywer), en Barry Donnelly (musiek).

Kyk die volle dokkie hier.

Capture+2.jpg
Capture.jpg
Craig-Foster-4-1024x768_0.jpg

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Divers, progressief en vars. Waardeer jy ’n stem soos Klyntji s’n? Het jy van Gehou van My Octopus Teacher? Dieselfde filmmaker het dié dokkie gemaak gehou? Dan ondersteun ons. Donasies van lesers word gebruik om ons bedieningkostes te betaal: jou bydrae hou Klyntji aanlyn. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy erken. Elke bietjie help.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand