Adele van Heerden se lockdown-skilderye

Adele van Heerden se lockdown-skilderye
Evening Reports (2020) “At the same time when I took the pic, she took a picture of me, it was so funny! She was funny, so fashionable!”

Evening Reports (2020)
“At the same time when I took the pic, she took a picture of me, it was so funny! She was funny, so fashionable!”

Hold Fast: 'n digitale uitstalling van kwarantynkuns

Adele van Heerden, kunstenaar en kurator van Kaapstad, se oog is op kompleksiteit ingestel. Sy skep fyn-gedetailleerde werke in reaksie op die bepaalde sosiale, historiese en politieke omstandighede waarin sy haar bevind (sien: ‘Waar standbeelde val kan daar blomme groei). In haar jongste versameling van skilderye, Hold Fast, wat tydens Suid-Afrika se staat van inperking in haar kombuis aan die lewe gebring is, is die koronaviruspandemie ’n onmisbare invloed.

Van Heerden moes haar kunsresidensie by die Cité Internationale des Arts in Parys, Frankryk kortknip om terug te keer na Suid-Afrika voor die grense gesluit is vir die nasionale lockdown wat op 26 Maart vanjaar in werking gestel is. Met geen toegang tot haar ateljee nie, het Van Heerden haar kombuis in ’n werkspasie omskep, en het sy haar tot sosiale media gewend om foto’s te versamel wat haar vriende en kennisse tydens hul tuisgebondenheid geneem het.

Van Heerden sê die projek was ’n goeie manier om ’n blik op haar vriende en families se lewens gedurende die omstandighede van sosiale afstand te kry en ook om weer in verbinding te wees met hulle, aangesien sy dadelik in selfisolasie moes gaan met haar terugkeer na Suid-Afrika — dít na sy hulle in Desember 2019 laas gesien het.

“Ons lewens het gefokus geraak op die klein, vaag-gedefinieerde spasies wat ons vir onsself moes skep om te kook, te werk, skoon te maak, te vrees en te droom in ons geheel en al veranderde daaglikse lewens. Vir die meeste mense het ‘buite’ net ’n prentjie geword wat deur ’n venster geraam is.”

Vir die kunstenaar is hierdie werke ook ’n medium om hulde te betoon aan die uithouvermoë waarmee soveel mense die moeilike omstandighede hanteer. Sy het daarom besluit om 50% van haar verkope aan Food Flow ZA te skenk, ’n organisasie wat vars kos aan gemeenskappe in Suid-Afrika voorsien waar kinders normaalweg van skoolvoedingskemas afhanklik is, en ook wat ondersteuning aan plaaslike kleinskaalboerderye bied.

Van Heerden het in 2010 ’n graad in die beeldende kunste van die Ruth Prowse School of Art verwerf, waarna sy verder aan die Universiteit van Suid-Afrika studeer het en haar BA-graad in geskiedenis en politiek behaal het. In 2015 het sy van die Universiteit Kaapstad gegradueer met ’n honneursgraad in kuratorskap.

Homecoming (2020)

Homecoming (2020)

Outside I (Teddy Bear Scavenger Hunt) (2020)

Outside I (Teddy Bear Scavenger Hunt) (2020)

Disa Park Blinkwater Building (2020)

Disa Park Blinkwater Building (2020)

Apartment Building Outside (2020)

Apartment Building Outside (2020)

Outside II (2020)

Outside II (2020)

Bran Types While Lena Dictates (2020)

Bran Types While Lena Dictates (2020)

Rations (2020)

Rations (2020)

Quarantine Life at My Parents’ Place: Repotting Our Old Tree (2020)

Quarantine Life at My Parents’ Place: Repotting Our Old Tree (2020)

Shannagh’s Mask Making Station (2020)

Shannagh’s Mask Making Station (2020)

Mogwai & the Sourdough Bread Mother (2020)

Mogwai & the Sourdough Bread Mother (2020)

Living La Vida Lockdown (2020)

Living La Vida Lockdown (2020)

Jo’s Kitchen (2020)

Jo’s Kitchen (2020)

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Ons bou aan ’n moderne beeld van hoe Afrikaanswees lyk, lees en klink. Het jy van Adele van Heerden se lockdown-skilderye gehou? Dan ondersteun ons. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy gelys.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand