Transgender sekswerkers van Kaapstad se modeboek
Lewe op die rand van die Kasteel die Goeie Hoop
By ’n konsert in New York ontmoet Coco vir Lady Gaga. Sy wil graag uit ’n eier verskyn, en wil ook die vlam in die Statue of Liberty se fakkel wees. Sy droom dat Lady Gaga hierdie visie verstaan, haar as haar muse sal beskou en uit inspirasie ’n liedjie met die naam “The Flame of Liberty” sal skryf.
Coco is ’n lid van SistaazHood, ’n organisasie wat sowat ’n dekade gelede deur Netta Marcus en Cym van Dyk gestig is om ’n ondersteuningsnetwerk vir transgender vroue in die Kaap te skep. Coco is ook een van die vroue wat in 2014 ’n deel van die Sistaaz of the Castle-projek geword het, ’n deurlopende visuele kollektief, in samewerking met die Nederlandse fotograaf Jan Hoek en die ontwerper Duran Lantink, wat die kollig op die verbeeldingryke uitrustings van transgender sekswerkers in Kaapstad laat skyn.
Die projek het sedertdien ontaard in ’n modereeks by die Amsterdam Fashion Week, en dit is ten toon gestel in ’n reeks foto-uitstallings in New York, Amsterdam, Utrecht, Sandesh en meer. ’n Modevertoning in Kaapstad is ook beplan vir 2020. Die fotoreeks vertoon dokumentêr-styl foto’s tesame met gestilleerde studiofoto’s waarin die vroue die uitrustings dra wat hulle in samewerking met Lantink ontwerp het.
Lantink wou graag ’n versameling skep deur saam met die vroue te werk, en is deurgaans deur hulle kreatiwiteit gelei. Die plaaslike sekswerkersorganisasie Sex Workers Advocacy Taskforce (SWEAT) het Hoek en Lantink met SistaazHood in verbintenis geplaas, en deur Lantink se ontwerpe en Hoek se fotografie aan ses vroue uit die gemeenskap se wildste fantasië lewe gegee.
Met totale kreatiewe diktatorskap het Cleopatra (23), Coco (25), Gabby (29), Sulaiga (30), Flavinia (33) en Joan Collins (57) hulle droomscenarios bewaarheid: Coco Chanel, Joan Collins in ’n trourok, Celine Dion wat ’n “Make Trans Great Again”-hoed dra. Coco weet dat wanneer sy Lady Gaga by ’n konsert in New York ontmoet, hulle mekaar dadelik sal ken, verstaan en inspireer. Cleopatra wil tot bo-aan die DA se voedselketting styg en Cyril Ramaphosa se plek in die presidentstoel inneem. As Donald Trump dit kan doen, kan sy ook, sê sy.
Herwinningsmetodes en collageskepping is op die voorgrond van die modereeks, en die reeks foto’s dien weer as kykboek hiervoor. ’n Gedrukte publikasie van die Sistaaz of the Castle-projek is in 2016 uitgegee en is wêreldwyd beskikbaar. Die publikasie fokus nie op swaarkry nie, maar vier die individualiteit, vindingrykheid en kreatiewe mag van die SistaazHood; dit bied ’n stem om Kaapstad se transgender sekswerkergemeenskap se stories mee te vertel.
Die Sistaaz is trots om trans te wees en om sekswerk te doen. SistaazHood is ’n selfgeorganiseerde veilige ruimte waar die vroue hulle ervarings met mekaar deel en MIV-toetsing doen. Die vroue woon onder ’n brug, en moet gereeld rondtrek wanneer die polisie hulle wegjaag. Persoonlike besittings, ID-boekies en antiretrovirale medikasie word dikwels in hierdie situasies gekonfiskeer.
Leigh Davids, voormalige SistaazHood-leier, was aan die stuur van die Sistaaz of the Castle-projek, en het geskryf oor die droom vir hulle gemeenskap om mediese sorg, onderrig en waardigheid te ontvang; vir die Sistaaz om erken te word vir wie hulle is. In 2017 het Davids in ’n onderhoud gepraat oor die transgender sekwerkers vir wie die kans om ouer as 40 te raak, onwaarskynlik is. Sy is in 2019 op die ourderdom van 39 oorlede.
SistaazHood is kampvegters vir die dekriminalisering van sekswerk en vir die menslike en gesondheidsregte van transgender sekswerkers. Die organisasie werk nouliks saam met ander nie-regeringsorganisasies soos Triangle Project, SWEAT en Gender DynamiX. Die hoofdoel van SistaazHood, wat nou uit byna 40 vroue bestaan, was en is om ’n veilige huis vir hierdie gemeenskap te bied.