8 kunstenaars praat oor lewe tydens COVID-19
As 'n kunstenaar gewaar(word)
In ’n tyd van afsondering, wat niemand sien kom het nie en wat met groot uitdaging en onsekerheid getref het, keer aardbewoners inwaarts en aanlyn. Vir sommige mense en besighede werk die sisteem om van die huis af te werk goed, maar wel nie vir almal nie.
In hierdie tyd het mense na die kunste toe gedraai, aldus van ’n afstand, om te ontvlug. Kunsuitstallings, boekbekendstellings, kunstefeeste en TV-produksies is egter verbied om voort te gaan. Tog het ’n aanlyn musiekvertoning of nuwe e-boek of radiodrama of Showmax series die norm van vermaak geword gedurende ’n onbepaalde lange lockdown.
Maar hoe cope die kunstenaars? Wat is hulle gewaarwording van die mensdom? Is hierdie toestand enigsins vir hulle volhoubaar? Die mense agter die kultuurprodukte wat ons by ons positiewe hou in hierdie tyd ervaar uitdagings ver verby die normale druk van oorlewing as ’n kunstenaar in Suid Afrika. Dit gaan gat-skraap. Hierdie tyd bied egter ook spasie vir vernuwing oor hoe om ’n bestaan te maak deur kreatiewe uitdrukking.
As deel van die #cultureisnotcancelled-veldtog het Klyntji by ’n paar kunstenaars gehoor hoe hulle hierdie tyd ervaar.
Koos Kombuis – sanger, liedjieskrywer, digter
Hoe het COVID-19 jou werk en lewe beïnvloed
Ja, okei. Ek het dit alles aanvanklik as ’n groot ontwrigting ervaar. Mettertyd het ek egter begin besef watter golden opportunity dit kan wees! Hier het ek nou ’n geleentheid soos nooit tevore om nuwe werk te skep! Ek kry nog dikwels angsaanvalle, maar eintlik ervaar ek op die oomblik ’n ontploffing van kreatiwiteit soos nooit tevore in my lewe nie. Hel, ek speel glad deesdae bekfluitjie, al is dit net op een noot!
Hoe gaan jy te werk om aan te pas en ’n inkomste te verdien nou dat die inperking so te sê die kunste tot ’n stilstand gedwing het?
Vir my is die ergste dat ek nou skielik moet Ricoffy drink in plaas van House of Coffees. Ja, ek het, soos al die ander uitvoerende kunstenaars, ’n helse knock gevat. Wat dit particularly erg maak vir my, is die feit dat ek nie die regte toerusting het om live stream shows aan te bied nie. Gelukkig forseer dit my om te fokus op aspekte van my loopbaan wat ek dikwels verwaarloos het. Ek spandeer nou baie meer tyd aan my skryfwerk, aan kortverhale, en aan my aanlyn kuns-besigheid. Die virtuele uitstallings saam met Karen Zoid-hulle op Facebook was ’n learning curve, ons het almal ’n bietjie sakgeldjies gemaak en dit was great fun!
Kan die internet bymekaarkomste tussen mense vervang, asook mense se fisiese interaksie met kuns soos teater en uitstallings?
Dis nou wel die ding van live streams en virtuele kunsuitstallings; dis baie lekker vir ’n ruk, maar dis nie ’n permanente oplossing nie. Dis soos die verskil tussen ’n e-boek bekendstel op Amazon, soos wat ek sopas gedoen het, en ’n regte boek op die boekrakke se rakke laat verskyn. It’s not quite the same. Ek mis ’n properse boek-launch met wyn en gaste en mense soos Lina Spies in die gehoor. En ek mis die gevoel wat ek altyd kry ná ’n liedjie met applous ontvang van regte mense wat fisies voor my sit in ’n regte konsertsaal op regte stoele, met lelike haarstyle en al.
Wat doen jy vir self-care en jou eie geestesgesondheid?
Die eerste ruk het ek net rondgesit en gepanic en almal se WhatsApp-grappies gelees. Toe dog ek, wait a minute, dalk moet ek ’n bietjie amateur-joga doen, sommer so van Instagram-videos af. Dis actually lekker! Ek is net bly niemand sien my nie, ek lyk waarskynlik baie potsierlik. Toe het ek begin draf, al om die grasperk met my hond. Nou dat ons soggens die geleentheid het om buite te oefen, trek ek douvoordag al weg met my fiets, sommer so met die koplig aan om die blok in die skemerdonker. Dis eintlik moerse lekker, en ek gaan beslis aanhou met die gewoonte selfs na die pandemie. Tot my opperste verbasing het ek wragtig nou al ses kilogram verloor. Bygesê, ek drink omtrent fokkol, nie omdat ek wil nie maar omdat ek moet. Dit het dalk ietsie daarmee te doen dat ek nou so slank is. Maar dis nie wat ek vir Huisgenoot gaan sê as alles verby is nie. Ek gaan vir hulle sê dis van al die moerse harde geoefen en al die fokken joga.
Wat het jou in hierdie tyd die meeste geskok of bygeval van die mensdom? Goed en/of sleg.
Ek het finaal besef Donald Trump is ’n poes. En ek het, teen alle verwagtinge in, hoop begin kry vir Suid-Afrika. Hoewel Ramaphosa en sy regering se pogings om die krisis te bestuur allesbehalwe perfek was tot dusver, is dit verblydend om te sien hoe hard hulle werk en hoe desperaat hulle actually probeer om die regte ding te doen.
En is dit nie wonderlik dat die populiste skielik so stil is nie? Waar is Magashule? Waar is Malema? Waar de fok is al daai ouens wat so hard Die Stem gesing het, hoekom is hulle nou tjoepstil? Selfs Afriforum deel botteltjies hand sanitiser uit by polisiestasies, is dit nie cute nie? Ek sê jou, ons gaan nog vir die hele wêreld wys hoe die mense van hierdie land eintlik is. Ons is after all die world champs in rugby. Hulle gaan nog sorry sê vir daai rommelstatus!
Fok almal, MZANSI BO!
Puno Selesho – Poet, spoken word artist
How has COVID-19 affected your work and life?
A lot of my gigs, content creating endeavours and physical meetups to plan future shows got cancelled. I think it affected me, like a lot of other people, with postponements and cancellations. For artists and freelancers, it is quite significant because you get new work from the current work that you are doing. It’s a domino-effect. The people you meet lead you to new opportunities. With this your trail goes cold in a way and you can’t see into the future. As much as you are used to this kind of uncertainty as a freelancer the networking part of it is also affected now.
How are you adapting and earning an income in this time where lockdown has brought the arts to a near standstill?
I’ve been fortunate enough to have one or two writing gigs come through where I could sit and write content to be used online. Before lockdown I bought myself a USB recording-mic and I’ve set up my car as a studio in terms of putting blankets and pillows against the glass to capture and hold in the sound. With this I’ve made a few voice overs which really helped. Not everything has been the most paying. In this time some people are willing and keen to pay your full amount and some people are not or are just not able to.
Can the internet replace real life interactions between people and people’s physical interaction with art, for example theatre productions and exhibitions?
Doing an Instagram live doesn’t replace the intimacy and the same experience you’ll get face to face but it does provide an alternative. It’s a different experience. It’s opening up something else. Something new – a different way of connecting. Human connection can be paused for a while, but we do need one another. We do want live experiences. We want to feel and see the music as it is happening – the art, the poetry, the words.
What are you doing for self-care and your own mental health?
For me it’s morning prayer and meditation and reading. I also exercise at least 2-3 time a week. Small or big – anything to just keep the body moving and the endorphins flowing. I’ve also enjoyed cooking and baking a lot. The process of putting a bunch of stuff together, creating something and having an outcome that you enjoy is important as a creative and a creator. I’ve been checking in with friends, having conversations over the phone but limiting that as well because staying on the phone for too long is quite draining. That keeps me alive.
In this time, what shocked you the most about humanity? Or what did you realise? Good and/or bad.
I’ve been surprised by the humbling of humanity. We realise that the things we put our trust and hope in, whether physical resources or people or money or our status in life have been considered null and void in a way. People are starting to introspect. No matter who you are and no matter what you have if the coronavirus wants to come for you it’ll come for you. Even the wealthiest nations of the world are not immune to this thing. But added to that, there are people who are more vulnerable because of their socioeconomic circumstances. They are more vulnerable to get the coronavirus or if they get it, it becomes traumatic and dealing with it is not that easy. It has also been interesting to see how many people have become despondent and how many have risen up to be hopeful. Seeing these various groups of people and the various coping mechanisms and reactions they have has been like watching a big human experiment.
Schalk Bezuidenhout – Komediant, akteur
Hoe het COVID-19 jou werk en lewe beïnvloed?
Dit het my werk en lewe geweldig beïnvloed. My werk is live shows. Meeste van my werk vereis dat groot groepe mense op een slag saam in ’n teater is. En dit kon glad nie gebeur nie! Kunstenaars in die Suid-Afrikaanse industrie, selfs in normale omstandighede, is heeltyd aan die hustle. Om gigs te kry. Om toere bymekaar te sit. Dis een groot gehustle. Nou was die tyd vir daai hustle-instink om in te skop!
Hoe gaan jy te werk om aan te pas en ’n inkomste te verdien noudat die inperking so te sê die kunste tot ’n stilstand gedwing het?
Almal het in ’n online space in beweeg. Vir my was dit darem moontlik om ook aanlyn te beweeg. Mens kan uit lockdown uitkom met meer mense wat van jou weet as voor die tyd. Ek het vyf online shows gedoen. Dis nie altyd so winsgewend nie, maar dit bou jou following. Mense kan wêreldwyd kyk. Ek het ook elke dag tydens die 35-dag lockdown ’n Instagram video gemaak. Dit het wel nie ’n inkomste genereer nie, maar mens moet aan die groter prentjie dink. Dit het ook my following laat groei en dit maak dit weer moontlik om in die toekoms meer kaartjies vir shows te verkoop. Dis baie soos boerdery. Jy moet die werk insit in die tyd wat jy nie ’n inkomste verdien nie, sodat dit later financially beneficial kan wees.
Kan die internet bymekaarkomste tussen mense vervang, asook mense se fisiese interaksie met kuns soos teater en uitstallings?
Live shows en online shows het sy voor- en nadele. Online shows het die voordeel vir die kunstenaar dat die wêreld aan jou voete is en ’n voordeel vir die verbruiker is dat die hele gesin kan inskakel met een kaartjie. Live shows het weer die voordeel vir die kyker om die energie van die show te beleef en vir die kunstenaar dat elke kyker ’n kaartjie koop.
Wat het jou in hierdie tyd die meeste geskok of bygeval van die mensdom? Goed en/of sleg.
Mense het begin om hulleself te entertain. Nou in die lockdown het mense tyd gehad om hulle kreatwiteit te begin uitleef en mense het mekaar laat lag op sosiale media. Soveel mense was TikTok famous vir ’n dag! Mense het oor die algemeen ’n positiewe gesindheid ingeneem al van dag een af. En ons is ’n ontwikkelende land en ons is nie vreemdelinge tot moeilike omstandighede nie. Dis fokken tough om te lewe in Afrika! Suid-Afrikaners het ’n attitude van niks kan ons onderkry nie.
Wat my wel nou begin onderkry, veral noudat lockdown verby is, is mense wat so opiniated is op Facebook en net sulke wille accusations maak. Almal was op ’n stadium so lief vir Cyril en nou kritiseer almal hom net. Ek dink mense moet net ’n stappie terug vat. Die laaste persoon wie jy nou wil wees is President Cyril Ramaphosa. Hy lees nie jou Facebook status nie, maar die laaste ding wat hy nou nodig het is jou Facebook status. Dit en die ondankbaarheid van mense wat nie besef hoe min hulle eintlik het om oor te kla nie, maar steeds kla!
Bernard Brand – fotograaf en konseptuele kunstenaar
Hoe het COVID-19 jou werk en lewe beïnvloed?
Alles het definitief tot ’n mate tot stilstand gekom. Die dae is stadiger, motivering min. Die vraag wat mens soms as kunstenaar vra – “hoekom?” – wys meer gereeld sy gesig en skep onsekerheid. In terme van werk, gebruik ek op die oomblik geld wat ek kon spaar oor die afgelope paar jaar om my kop bo water te hou. Ek probeer myself besig hou met stillewes. Dit het net reg gevoel en dit is iets wat ek tot ’n mate beheer oor het. Die slowdown is nie heeltemal ’n slegte ding nie. Dit bring perspektief.
Wat doen jy vir self-care en jou eie geestesgesondheid?
Ek voel redelik gemaklik met myself as persoon, so die nagte van eksistensiële vrees en self-twyfel het ek redelik onder beheer. As die monster weer sy gesig begin wys het ek geleer die beste ding is die gesegde; “the only way out, is through”. Dit is ’n klein oorwinning al maak ek net iets vir tien minute, met my kamera, kitaar of om iets te doen soos huis skoonmaak. Soms is daar goeie uitslae en ek skep iets nuuts, soms lyk dit net kak, maar die punt is ek het probeer.
Wat het jou in hierdie tyd die meeste geskok of bygeval van die mensdom? Goed en/of sleg.
As ons regtig wil en alles daarop staatmaak, kan ons bymekaar staan. Dis hoe dit moet wees! Ons kan mense voed, en behuis en na mekaar kyk en vir mekaar omgee. Dit het net ’n fokken pandemie geverg om dit te doen. Hopelik besef ons almal, en ek sluit myself in, dat daar nie ’n normaal is hierna nie. As ons terugkeer na normaal het ons die les verloor. Die sleg? Laat ek net sê, die internet, so wonderlik as wat dit kan wees en is, is ook ’n moerse swart gat.
Cow Mash – multimedia artist
How has COVID-19 affected your work and life?
I have had to see a few things I would have been involved in be postponed. It has taken longer than expected to adapt to the idea of not making moovements outside my kraal. I have a continued fear of the unknown, not knowing when things will be back to normal and that being if things will ever go back to normal. I just want to be able to graze outside the kraal again. I am sure that is what any cow would want.
How are you adapting and earning an income in this time where lockdown has brought the arts to a near standstill?
I am trying to make use of social media platforms, trying to make sales through these platforms too.
Can the internet replace real life interactions between people and people’s physical interaction with art, for example theatre productions and exhibitions?
I think the internet is a brilliant temporary solution because art can still be received visually, although the screens we are viewing on do not compare to the feeling these art-forms give off in real life. Especially with three-dimensional works or theatre, they aren’t experienced to the fullest through a two-dimensional screen.
What are you doing for self-care and your own mental health?
I am making art, there is a lot of healing and meditation in my process of making. I am reading (a bit about cows, some about women). Singing, or rather moooing more and mooore out loud. I think it is working okay for now.
In this time, what shocked you the most about humanity? Or what did you realise? Good and/or bad.
I always knew that people were funny, but I think the comedy as seen on social media has increased. I think it’s great that we can use humor as a coping mechanism or a way of healing through these times.
Adam Heyns – filmmaker, akteur
Hoe het COVID-19 jou werk en lewe beïnvloed?
Nee kyk, werk-gewys is dit ’n fokop. Dit het my nogal in my beroepsrigting laat twyfel. Dis asof die wêreld vir jou probeer sê: “Wat jy doen, is nie noodsaaklik nie.” Meeste projekte is uitgeskuif of afgestel. Tog, as ’n vryskut filmmaker/akteur is hierdie “droogte” nie so nuut vir my nie. Ek moes al heelwat maande verduur sonder enige werk. Wanneer almal anders werk en jy doen nie, word mens angstig. Maar nou is almal saam my in hierdie bootjie. So, op ’n manier ervaar ek ’n nuwe tipe kalmte.
Kan die internet bymekaarkomste tussen mense vervang, asook mense se fisiese interaksie met kuns soos teater en uitstallings?
Nee. ’n Kunsuitstalling gaan dikwels net soveel oor die wyn-chats met die mense as die actual kuns. Die online comments-section doen dit nie vir my nie. In ’n teater is die eerste ding wat jy hoor: “Sit asseblief jou selfoon af.” Nou moet ons, ons selfone aanskakel om te kan kyk. Jou foon is egter gemaak om jou aandag af te lei – daar’s heeltyd ’n boodskap of ’n notification. Of die battery raak pap.
Wat doen jy vir self-care en jou eie geestesgesondheid?
Oefening is beslis die beste manier om jou mood te lig. Ek het ook deur my argiewe gegaan en ’n paar persoonlike en nostalgiese videos ge-edit. ’n Tipe video-terapie om vrede met die verlede te maak. My verblyf-setup is darem baie lekker en die mense saam met wie ek woon is baie uiteenlopend en goeie geselskap. Ons maak saam kos, werk in die tuin en kyk saam stories. Die toekoms is nog baie onduidelik, so ek neem die tyd om te besin oor wat vir my belangrik is en waarheen ek wil gaan.
Wat het jou in hierdie tyd die meeste geskok of bygeval van die mensdom? Goed en/of sleg.
Ek is geskok dat die regering so baie van ons regte kan opskort. Dit voel bietjie asof ons soos kinders hanteer word. “Moenie rook nie. Moenie drink nie. Nee, jy mag nie by jou maatjies gaan speel nie.” Ek kan nie help om te dink dat hierdie maatreëls effens van ’n oorreaksie is nie. Hoe gaan dit ons toekoms beïnvloed? Is hierdie “oplossing” nie miskien slegter as die probleem nie? Tog, dis goed om te sien hoe ons leiers saamstaan. Miskien is hierdie ’n goeie skok vir die land se senuweestelsel. Dalk leer ons om beter na mekaar om te sien?
Leanne Olivier – skilder
Hoe gaan jy te werk om aan te pas en 'n inkomste te verdien noudat die inperking so te sê die kunste tot 'n stilstand gedwing het?
Ek sou my eerste internasionale solo-uitstalling gehad het in Spanje later vanjaar wat platgeval het, maar nou maak ek ander planne. Mense is baie meer online en kunstenaars word gedwing om te kyk na dit wat beskibaar is. Daar is baie meer artist grants en baie meer online platforms om jouself te promote.
Kan die internet bymekaarkomste tussen mense vervang, asook mense se fisiese interaksie met kuns soos teater en uitstallings?
Dis shit! Mense wil by ’n uitstalling teenwoordig wees. Jy wil die kwashale sien. Jy wil ’n teaterproduksie gaan kyk! Maar die positiewe weeg swaarder as die negatiewe. Hoeveel meer mense het nie nou toegang tot die kunste nie – met die kliek van ’n knoppie. Gisteraand het ek Frankenstein met Benedict Cumberbatch gekyk!
Wat doen jy vir self-care en jou eie geestesgesondheid?
Nothing has really changed for me. Ek is alreeds ’n cave hermit. Ek doen in die oggend Qigong om die dag te begin en my lyf wakker te maak. Ek eet gesonde kos. Ek bly gebalanseerd. I touch base with people that are important to me. En ek hou aan verf!
Wat het jou in hierdie tyd die meeste geskok of bygeval van die mensdom? Goed en/of sleg.
Hierdie is vir my ’n baie goeie reality check. Daar is op globale vlak nimmereindigende agendas wat uitspeel. Ek sal hierdie eerder die vreesvirus noem, want soveel vrees word gesaai. Die dood is ’n groot tema in my werk en dis iets waarmee ek baie deal. Dis nie iets wat ek vrees nie, al sê ek dit nie ligtelik nie. Ek het baie deernis vir mense wat vrees het en in vrees leef. Maar, die dood is iets wat uiteindelik met elkeen van ons gaan gebeur. As gevolg van die coronavirus of van iets heeltemal anders.
Dit vat soms iets soos ’n pandemie om mense te laat besef wat belangrik is.
Ryan Pedro – digter, draaiboekskrywer
Hoe gaan jy te werk om aan te pas en 'n inkomste te verdien noudat die inperking so te sê die kunste tot 'n stilstand gedwing het?
Die kunste raak vir my broad term wanneer ek begin dink aan wat include en exclude word as dit só hier gebruik word. My primary source of income kom van TV writing – iets wat ek anyway nog die heeltyd remotely doen en allowed was om mee aan te gaan even though production tot ’n halt geroep is. Dan raak die term ook vir my extremely funny, since my éintlike vertakking van “die kunste” nie vir ’n fok lucrative is nie. Ek gaan altyd in ’n self induced state of lockdown wanneer ek werk aan my poetry. Financially is dit ’n barren land. Ek vat therefore die baie commercial side van my writing nie vir granted nie.
Wat doen jy vir self-care en jou eie geestesgesondheid?
Routine. Ek approach my writing soos ’n 8 to 5 desk job. Of dit nou TV-scripts is, of om aan my poetry te werk. Ek gaan sit altyd die oggend, vat my lunch wanneer ek moet, en dan gaan sit ek weer tot 5 o’ clock kom. Ek thrive op routine en die small victories embedded daarin. Daarna relax ek soos ’n motherfucker.
Wat het jou in hierdie tyd die meeste geskok of bygeval van die mensdom? Goed en/of sleg.
Ek’s constantly in ’n tug of war met myself oor hoe om te voel oor humanity in hierdie tyd. As ek ’n photo op social media sien van die fortunate wat die less fortunate help, maak dit my happy. Maar dan maak dit my ook befok dat hulle die need gevoel het om dit op hulle socials te plaas. Ek moet myself maar net altyd remind dat daar ’n persoon uit die frame van daai foto uit wegstap met ’n sandwich wat hulle nie gehad het nie. Of maybe oordink ek dit net. Maybe is almal se intentions pure in dié tyd en witness ons nou humanity op sy beste.
* Antwoorde is geredigeer vir bondigheid.