Die nuwe ouens op die blok, die nuwe ouens in jou kop: Uncle Spike

Die nuwe ouens op die blok, die nuwe ouens in jou kop: Uncle Spike
Illustrasies: Daniël Nortjé

Illustrasies: Daniël Nortjé

'The forest is good at understanding me'

“Welcome to the forest where the air is clean… the trees form a canopy and falling leaves adore just living statically. I think the city’s mad at me, I think we’ve got a different perspective of living lavishly.” Só sing Uncle Spike in hulle crowd favourite, ‘Bacon Avo Egg’, ietwat van ’n nuwe ballade vir niks-doen, zen-wees. 

Ek gesels met die band oor hulle rol in jong alternatiewe Suid-Afrikaanse musiek. 

“This is probably the last time we’ll see each other like this,” sê ’n lang maer man ’n paar weke gelede kalm van die verhoog af vir ’n klein skare in Stellenbosch. Sy saksofoon hou hy soos ’n groot hond in sy arms vas. Voor hom breek bierbottels soos mense mekaar onder Aandklas se lae dak vertrap om by die verhoog uit te kom; om byna die saksofoonman se verbleikte skoenveters los te rafel. 

“Ons gaan in elk geval… Ons almal gaan in elk geval doodgaan,” skree Francois van Wyk, hoofsanger van Uncle Spike oor die mic wat saam met hom vorentoe en terug wieg. 

Francois van Wyk, hoofsanger.

Francois van Wyk, hoofsanger.

Michael Burke (“The Real Mike Burke”, luidens Instagram) was reg. Kort daarna kondig pres. Cyril Ramaphosa die landswye lockdown aan. Dit is, inderdaad, die laaste keer dat ons mekaar só gesien het. 

Van nou af sal ons van pre- of post-Covid-19 praat, lees ek vandeesweek in ’n artikel wat aangee dat die mensdom ’n “retail apocalypse” in die oë staar. Die virus sal ons laat besef wat werklik belangrik is, sê die skrywer. Het Uncle Spike ― vyf-man band wat in 2018 met hul debuutalbum I in the Sky ’n stoel nader getrek het om agterstevoorom by die tafel van Suid-Afrikaanse alternatiewe musiek te sit ― lankal reeds besef wat werklik saak maak?

I was a dreamer, one of those revolutionary screamers
I was just that guy
— ‘Dinner with the Killer’, Uncle Spike

In Oktober 2017 speel Uncle Spike vir die eerste keer in Stellenbosch se berugte Bohemia. Mense bondel by die deur om deel van die pasgebore revolusie te vorm; vir die band word ’n droom bewaarheid. Bohemia is immers die heilige graal. 

Die gloriedae van MK, Heuwels Fantasties, Van Coke Kartel, aKing, Dirty Skirts, Fokofpolisiekar en Zinkplaat het Marcel van der Veen, kitaarspeler, inspireer om live shows te speel. “Om ’n plaaslike band te sien optree, praat met jou as jy weet dat hierdie ouens by die pad af bly,” sê van der Veen.  

En Uncle Spike ― die nuwe ouens op die blok; die nuwe ouens in jou kop ― bied presies dit. Die band is jonk en rebels, en tog bring hulle musiek ’n onverwagse rustigheid, ’n vertroudheid. 

Michael Burke, saksofoonspeler.

Michael Burke, saksofoonspeler.

“Dis ’n new age generation station ―  emancipation, liberation, inflation,” lui ‘Nuwe Ou op die Blok’, een van die snitte op I in the Sky

Ek weet elke rapper se claim to fame is om te kan rym 
En ou tannies sien hulle as minder as skuim 
Maar sien tannie ons praat net die waarheid 
Of jy dit like of nie hou ons eintlik jou kinders uit die gevaar uit 
Sien ons presteer en leer en protesteer 
Julle bliksem ons kinders dan probeer ons maar weer 
— ‘Nuwe Ou op die Blok’, Uncle Spike

Soos die dae op die lockdown-kalender tydsaam omslaan, is daar ’n wêreldwye ontworteling van dít waaraan ons gewoond is, waarmee ons onsself besig hou, wat ons belangrik ag en waar ons in sosiale hierargieë inpas. Die skarniere wat klas, prioriteite en persoonlike oortuigings in verskillende vertrekke afsonder, word deur die virus ongedaan gemaak.

“Just take care of yourself,” praat-sing Burke in ‘We Don’t Even Know’, ’n sagte, liriese song op die EP met dieselfde titel wat stadig opbou tot ’n instrumentele agtergrond vir die saksofoon wat so eie aan Uncle Spike is. Die vraag, dus, of Uncle Spike ’n oplossing het vir (of ten minste die herkenning van) ’n fluisterende probleem wat vir menigte moeiliker raak om aan te hou om oor die hoof te sien, word duideliker beantwoord met die ontvou van die lirieke van elke song.

Rykes raak net ryker by die dag 
Terwyl armes laaste sal lag 
Sien om geluk met geld te koop weet ons werk nie 
En dit help ook nie om jou sondes vry te koop met kollekte in die kerk nie
— ‘Nuwe Ou op die Blok’, Uncle Spike

“Ons probeer altyd om iets nuuts na die verhoog en tot ons musiek te bring,” sê Van Wyk. “So, na elke oefening, elke show en elke album kan jy ’n nuwe Spike verwag.”

En werklik, elke album ― elke song, elke musiekvideo ― lei sy luisteraars na nog ’n bestemming. 

Welcome to the forest where the air is clean and honestly the trees just form a canopy and falling leaves just randomly
Form onto the floor and they adore just living statically
That’s why I feel the forest is good at understanding me
I think the city’s mad at me
I think we’ve got a different perspective of living lavishly
— ‘Bacon Avo Egg’, Uncle Spike

Die wenresep is eenvoudig. Volgens Paul Twekye, rapper en baskitaarspeler, behou die band die fundamentele kern van Uncle Spike deur te eksperimenteer ― en dit te geniet. Die ouens skryf net musiek en “jam it until we decide if we should record it or not”. 

Paul Twekye, rapper en baskitaarspeler.

Paul Twekye, rapper en baskitaarspeler.

“P A U L, I E T, My name is Twesigye Twekye and you're about to know me,” stel Twekye homself in ‘Erection Song’ voor. “Hit the books, coz my dad says I need that degree coz man he doesn't give a fuck about my poetry.”

“It's Pauly T on the Muthafuckin microphone,” stel Van Wyk hom later aan die woord in ‘Bacon Avo Egg’. En wanneer Pauly T voor die mic inskuif, luister jy. “They wonder if it hurts my learning, I say not a bit. I don't hurt a fucken soul, I just smile and sit, but propaganda got them thinking that I'm not legit,” sing hy in ‘High’. 

In East Africa in the mid 80’s
Lived a little family with a lot of babies
Living was so easy, and living was stress free
But then came the money and the black and white TV
Everybody wanted it everybody wanted in
Governments ruled the world not paying taxes was a sin
But who’s your little brother and who’s your next of kin
Don’t you ever let them in don’t you ever let them win
— ‘Black Wolves’, Uncle Spike

Lood van Niekerk, dromspeler, meen dit is Uncle Spike se informele benadering tot musiek wat die band “different” maak. Vir hom is dit ’n groot eer dat mense langs die pad by hierdie groep vriende aangesluit het. 

“The essence of the Spike is to be carefree, sticking it to the man, and not taking yourself too seriously,” sê Van Niekerk. 

Lood van Niekerk, dromspeler.

Lood van Niekerk, dromspeler.

Die ouens is jonk en hulle leer nog, en die idee dat die ouer garde dikwels hierdie leerkurwe as tydmors afmaak, word menigmaal in hulle lirieke vasgevang. 

“I was born in ’97 so I'm young as hell, they’re confused coz a laitjie can rap so well,” open Twekye in I in the Sky met ‘High’. En herinner weer in ‘Bacon Avo Egg’: “Born in ’97 so I'm still a fuckin laatie”. 

“Ons wil musiek met ’n boodskap oordra, maar ons is nog in die proses daarvan om te leer ken presies wat ons wil sê. Hopelik maak ons ’n blywende indruk op mense en maak miskien die wêreld ’n beter plek in die proses.” Só sê Van Wyk oor Uncle Spike se musiekskryfproses. 

Die band is ’n smeltkroes van verskillende ervarings in Suid-Afrika, wat geroer en bewerk word om die klank en lirieke van Uncle Spike vorendag te bring, verduidelik Burke.

Bou Uncle Spike op dit waarmee kunstenaars voor hulle begin het, of skep hulle iets nuut?

“We are not Polisiekar, Heuwels, or whatever. We are the Uncle and the Spike,” sê Van der Veen. 

Tog bou die band op die sin van gemeenskap in die Suid-Afrikaanse alternatiewe landskap. Daar is geen kompetisie nie; Uncle Spike vergelyk hulself nie met ander bands nie; en jong nuwe kunstenaars ondersteun en moedig mekaar aan. 

“I would say we are part of the DIY ‘we cannot afford that shit’ wave,” sê Van der Veen, en verduidelik dat hierdie benadering rou en opreg is. Dít is wat mense mis. “They want the real music, man.”

Marcel van der Veen, kitaarspeler.

Marcel van der Veen, kitaarspeler.

Burke meen dat die “first wave” van alternatiewe Suid-Afrikaanse musiek die grondslag vir die “second wave” gelê  het; die “African renaissance in alternative music”. 

“As the young bands of South Africa, we live in the legacy of the bands that broke us free, gave us the courage to stand against traditions that our parents’ generation enforced upon us and allowed us to feel empowered to further experiment with music,” sê hy. 

Noudat die fondament gelê is, is dit tyd om met nuwe klank en idees te eksperimenteer. Die band probeer om deur hulle musiek die diversiteit van die land te weerspieël in terme van verskillende tipes klank wat op die oomblik in alternatiewe Suid-Afrikaanse musiek bestaan.

Just Take Care of Yourself in 2019 uitgereik is, werk Uncle Spike nou aan hulle derde album, en hulle beplan om dit teen die einde van die jaar vry te stel. Verwag ’n splinternuwe interpretasie van Uncle Spike se kenmerklike rock/punk/funk/reggae (tesame met die getroue saksofoon), gebou op ’n moderne vertaling van die MK-gloriedae. 

Luister op Apple Music of Spotify, en kyk op YouTube.

Welkom in my land van vrees
Hier kan jy enige iets wees
Jy kan enige iets wees!
— ‘Tjol se Gat’, Uncle Spike
Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Divers, progressief en vars. Waardeer jy ’n stem soos Klyntji s’n? Het jy van Die nuwe ouens op die blok, die nuwe ouens in jou kop: Uncle Spike gehou? Dan ondersteun ons. Donasies van lesers word gebruik om ons bedieningkostes te betaal: jou bydrae hou Klyntji aanlyn. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy erken. Elke bietjie help.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand