Foto's van die #AmINext-protesoptogte
Alle foto’s deur Leah Mann

Alle foto’s deur Leah Mann

Dit verskyn in die nuwe We Are Her-zine

Die We Are Her-zine, saamgestel deur Mabeth Crafford en Elizabeth Visser, is ’n bydrae tot die skep van groter bewustheid van geslagsgebaseerde geweld in Suid-Afrika. Dit bevat gedigte, fotografie, kuns, strokiesprente en kortverhale wat handel oor die onlangse #AmINext-protesoptogte.

Die foto’s in hierdie storie is geneem deur Leah Mann, waarvan sommiges ook in We Are Her verskyn. Dit is in September 2019 buite die Parlement in Kaapstad geneem tydens die opstande teen geslagsgebaseerde geweld. Die studente van die Universiteit van Kaapstad, sowel as die breër publiek het rondom die Louis Botha-perdstandbeeld vergader.

In die zine se redakteursbrief word daar geskryf dat dit, in Februarie 2020, ses maande is sedert Augustus 2019, die maand van die moorde van Uyinene Mrwetyana, Jesse Hess en Leighandre Jegels. “The harm and loss of these — and so many more — of our women sparked nation-wide protests against gender-based violence, because they reminded every woman in this country (again) that she could be next,” staan daar geskryf. Volgens die zine se uitreikingsverklaring is sosiale ongelykhede en ongeregtighede iets wat net deur die samewerking van die regering, die regstelsel en die publiek ten volle aangespreek kan word. Vandaar die naam: “We Are Her”.

Die redakteursbrief lui verder dat die We Are Her-zine saamgestel is om te keer dat daar net stilte oorbly ná die ontbloting van die gruwelhede van seksuele geweld. Om hierdie rede is daar ’n platform geskep vir Suid-Afrikaanse creatives om te praat oor die diep, sistemiese probleem van geslagsgebaseerde geweld. “We wanted to provide a platform for people who have something to say about the crisis facing women in our country [...] recognising that art is not just made to be enjoyed, but to process emotions, to heal, to protest, to empower, and to express — to give voice to words and experiences that would otherwise be inexpressible.”

Die amptelike bekendstelling van die We Are Her-zine vind plaas op 26 Maart by African Way Coffee, Hoofstraat 441, Observatory, Kaapstad. Kopieë sal beskikbaar wees teen R80 waarvan alle opbrengste aan die Rape Crisis Cape Town Trust geskenk sal word.

Lees die We Are Her-zine hier.

121.jpg
16.jpg
17.jpg
12.jpg
13.jpg
14.jpg
15.jpg
18.jpg
123.jpg
122.jpg
19.jpg
11.jpg
Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Ons bou aan ’n moderne beeld van hoe Afrikaanswees lyk, lees en klink. Het jy van Foto's van die #AmINext-protesoptogte gehou? Dan ondersteun ons. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy gelys.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand