Argitek en kunstenaar Anton Barnard se tekeninge
82209631_1912193528918229_8423666079869101977_n.gif

En Draadhond se musiek: waar vorm en klank uit Suid-Afrika, Duitsland ontmoet

Dat Anton Barnard ’n fyn aanvoeling het vir die wêreld se vorms is veral opmerkbaar in sy tekeninge. Dié Suid-Afrikaner werk as ’n argitek in Duitsland, maar hy beoefen ook skilderkuns, en is ’n illustreerder en lid van die Afrikaanse rock band Draadhond. Verder het hy ook ’n belangstelling in meubelontwerp, meubelbou, grafiese ontwerp en cartoons. Sy sketse word dikwels deur musiek geïnspireer, dié dat onderskeie albumname die onderskrifte vir verskeie van sy illustrasies is. Die verwysings na musikante wissel van Radiohead en Slayer tot The Buckfever Underground, Johnny Clegg, Piet Botha en Kobus!. Sy sketse getuig van ’n Suid-Afrikaanse agtergrond, verbind met ’n diepgaande kennismaking met die Europese landskap. Dit is punk daarby.

We and our partners use cookies to personalize your experience, to show you ads based on your interests, and for measurement and analytics purposes. By using our website and our services, you agree to our use of cookies as described in our Cookie Policy.

Anton Barnard is gebore op Stellenbosch in 1972 en hy het gematrikuleer aan Hugenote Hoërskool in 1990. Daarna het hy sy graad verwerf in argitektuur aan die voormalige Universiteit van Port Elizabeth, nou Nelson Mandela-Universiteit. Hy het ook die Afrikaanse rock band Plan B gestig as liedjieskrywer en sanger, saam met SC Pienaar op elektriese kitaar in 1996, ook in PE. Na afloop van sy studies het hy in 1998 begin skilder in akriel, later olie. Gedurende hierdie tydperk het Barnard verhuis na Kaapstad en gewerk as argitek. Sy kuns is op verskeie plekke uitgestal en hy is bekroon as argitek. Sy band Plan B het in 2005 die album Nalatenskap van die Gras opgeneem. Kort daarna het Barnard vertrek na Dublin en Munich, waar hy gewoon en gewerk het. Sedert 2014 is hy woonagtig in die Sigmaringen-omgewing, Baden-Württemberg in Duitsland en neem hy deel aan verskillende solo- en groep-uitstallings in die omgewing. Plan B se naam is ook intussen verander na Draadhond, steeds met Pienaar as een van die lede, en hulle album Was Jou Bek Uit Met Seep is in 2018 uitgereik. Dié album is vervaardig deur Jo Ellis in Ladismith in die Wes-Kaap. Draadhond het ook tydens die KKNK in Oudtshoorn in 2019 opgetree, en Barnard se sketsreeks Die Storie van Draadhond is in Ons Klyntji  2019 gepubliseer.

cor 90024349_1646294825509371_6884742890760138148_n.jpg
84067986_119444329672367_3677447005345641541_n.jpg
90489849_109763170487278_2833202565590854833_n.jpg
74538297_2476792742605604_294398189250053027_n.jpg
60870847_173990430291007_4465183075809584480_n.jpg
68710332_229923797974324_6822460418976243082_n.jpg
argi 87699667_1116926095306635_4264305742231245703_n.jpg
68883237_624942421366020_812707563540895474_n.jpg
69102819_2453301841559208_5420979985843936145_n.jpg

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Divers, progressief en vars. Waardeer jy ’n stem soos Klyntji s’n? Het jy van Argitek en kunstenaar Anton Barnard se tekeninge gehou? Dan ondersteun ons. Donasies van lesers word gebruik om ons bedieningkostes te betaal: jou bydrae hou Klyntji aanlyn. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy erken. Elke bietjie help.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand