Daar is nou 'n Dis Net Jy-app

Daar is nou 'n Dis Net Jy-app
uploads%2Fcard%2Fimage%2F618242%2F15da13a7-a16d-4088-9770-94704e2b4e34.gif%2Ffull-fit-in__950x534.gif

Kuns of kak?

Dis Net Jy (DNJ) is soos ’n kollektiewe stream of consciousness van almal wat ’n plek soek om iets in die niet te sê. Goeie en slegte gedigte skuur skouers saam met ’n klompie random gedagtes. Dis niemand se plek nie, maar almal se plek. Oor die afgelope paar maande is daar al honderde inskrywings deur heelwat verskillende mense gemaak. DNJ is geskep deur Arno Welgemoed, wie besluit het om die platform uit te brei na Apple en Android, amper soos ’n publieke notes app. Die meeste van die dinge wat op DNJ gedeel word, is of eksistensieel, uit dronkenskap geplaas of bloot omsamehangend – die beste deel is dat niks uitgevee kan word nie! Is dit kuns of kak? Ons dink dis beide.

Lees en deel aanlyn, of laai die app af vir Apple en Android. Dis Net Jy is ook op Instagram.

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Divers, progressief en vars. Waardeer jy ’n stem soos Klyntji s’n? Het jy van Daar is nou 'n Dis Net Jy-app gehou? Dan ondersteun ons. Donasies van lesers word gebruik om ons bedieningkostes te betaal: jou bydrae hou Klyntji aanlyn. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy erken. Elke bietjie help.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand