Al die hype oor Cape Town Art Fair

Prince Gyasi van NIL Gallery.
Dié kunsnaweek van die jaar
Dis tyd vir die art junkies om hulle fix te kry. Meer as 100 galerye en ander uitstallers sit hulle beste porseleinvoetjies voor by Investec Cape Town Art Fair (ICTAF), saam met ’n stewige hoeveelheid gepaardgaande live performances, gesprekke en ander projekte. ICTAF, wat binnekort die Moederstad tref, word vanjaar vir die sewende keer aangebied met die fokus op kontemporêre kuns van beide Afrika en regoor die wêreld. Kaapstad se galerye word goed verteenwoordig, met die effek dat selfs die leek ’n goeie oorsig kry van die kunswêreld van dié stad, maar ook buite haar grense. Galerye van Melbourne, Parys, Londen, Rome, Milaan, Brussel, Hamburg en Dubai se kuns is ook te sien. Die partytjie hou nie op by die CTICC nie, maar strek na galery regoor die stad, insluitend Norval Foundation en ZeitzMOCAA. Vir meer inligting oor die program en kaartjies (15 – 17 Februarie) sien ICTAF se webwerf. As lusmakertjie deel ons van die kuns wat te sien gaan wees.
Fanie Buys, Rugby pitch, 99 Loop Gallery.
Marlene Steyn, lawn mow her some me-time (2018), SMAC.
Jan-Henri Booyens, The ocean is bigger than this (2018), blank projects.
Marina Abramović, Golden Mask (2009), Lia Rumma Galleria.
Hugh Byrne, Form Sequence Series 1018-08 (2018), Ebony Curated.
Sepideh Mehraban, Untitled (2017), SMITH.
Simon Stone, Blue Opera (2018), SMAC.
Sabelo Mlangeni, UMkhumbi KaNoah, Sgonyela, Thembi, Ntongo, Nkosi, Enkampane (2011), blank projects.
Rory Emmett, Untitled, 99 Loop Gallery.
Richard Mudariki, Monopoly (2018), Barnard Gallery.
Helen Sebidi, Tears of Africa II (diptiek), foto met verlof van Michael Hall, Everard Read Gallery/CIRCA.
Nelly Guambe, Memories of a Sad Day, Guns & Rain.
Carlos Cruz-Diez, Physichromie 1876 (2013), Galerie Pascal Janssens.
Cinga Samson, Ivory (III), blank projects.
Peter Eastman, Late Shadow Riverbank (2018), SMAC.
Samia Halaby, Brick City at Night (2015), Ayyam Gallery.
Kate Gottgens, The Big Rip (2018), SMAC.
Yinka Shonibare MBE van Goodman Gallery.

Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896
Ons bou aan ’n moderne beeld van hoe Afrikaanswees lyk, lees en klink. Het jy van Al die hype oor Cape Town Art Fair gehou? Dan ondersteun ons. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy gelys.