Agter die teaterbedryf se skerms
![Agter die teaterbedryf se skerms](https://images.squarespace-cdn.com/content/v1/5a7183c849fc2b9e16e73e16/1550941079722-GGL73YYNDG75BHSULEAD/Babbel+BTS+Foto+Nardus+Engelbrecht22.jpg)
Antoinette Kellerman in Endgame by die Baxter-teater.
Ongesiene oomblikke in refleksie
Met die Portraits In Mirrors Backstage (volg die skakel vir baie meer foto’s!) fotoreeks gebruik Nardus Engelbrecht die spieël as ’n konstante om vlietende oomblikke vas te vang. “Dis interessant om die energie van kunstenaars te ervaar voor hulle op die verhoog gaan, die kalmte en fokus, die opwinding. Met ballet en musicals is dit die heen en weer, op en af van die verhoog tussen tonele, die verandering van kostuums. Dit wys ’n ander werklikheid,” vertel Nardus. “Dis vir my belangrik dat dit wat in teaters plaasvind gedokumenteer word. Nie net wat voor die gehoor gebeur nie, maar ook dit wat agter die skerms plaasvind.”
![](https://images.squarespace-cdn.com/content/v2/namespaces/memberAccountAvatars/libraries/5a73155f0852294e6a2e33b4/1191aed8f2f64c74ac87842c36576e1c/1191aed8f2f64c74ac87842c36576e1c.jpg?format=300w)
Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896
Ons bou aan ’n moderne beeld van hoe Afrikaanswees lyk, lees en klink. Het jy van Agter die teaterbedryf se skerms gehou? Dan ondersteun ons. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy gelys.![Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand](https://images.squarespace-cdn.com/content/v1/5a7183c849fc2b9e16e73e16/1632150952454-OPJL876TFUUNBQWIYUYD/130+%282%29.png)