John Kani: 'We have been denied each other'

John Kani: 'We have been denied each other'

'Jirre, dis mos John Kani dié!'

By die afgelope kykNET 2019 Fiëstas het John Kani in sy aanvaardingstoespraak, met die toekenning vir lewensbydrae tot teater, vertel oor sy township-grootwordjare tydens apartheid in New Brighton, net buite Port Elizabeth.

“I grew up with the desire to tell the truth, to follow stories. I always believed there is a story, it is those stories that connects us and weaves a tapestry of a non-racial South Africa,” het hy vertel.

Hy het aangegaan oor sy ontmoeting met Athol Fugard en hoe dit ’n deurslaggewende oomblik was – die blootstelling aan die kuns van storievertelling. Dit het op ’n tyd gebeur waar hy deel was van die revolusie-beweging teen apartheid. “I was looking for justice, reconciliation, looking for human beings with some humanity, looking for people that I could engage with,” vertel hy. Sy wapen van keuse het opvoerkuns geword in plek van bomme.

John Kani saam met Sandra Prinsloo en Jacques Bessenger in So ry Miss Daisy. Foto: Antonia Steyn

Hy vertel van sy ontmoeting met Marius Weyers, ook oor die teaterstuk So ry Miss Daisy saam met Sandra Prinsloo (met dieselfde toekenning bekroon, wie vroeër vertel het van haar en Kani se destydse soen op die verhoog wat ’n nasionale herrie veroorsaak het). Kani noem ook sy faam in Bloemfontein en Potchefstroom en vertel grapsgewys oor hoe daar na hom uitgewys is: “Jirre, dis mos John Kani dié!”.

Die treffendste deel van sy toespraak het gegaan oor om ’n holistiese African te wees. “We have been denied each other. We grow up in the same square mile; we’re [only] now beginning to see each other, to find each other, to talk to each other, to see how similar and not dissimilar we are. We are going to have to make an effort to find each other,” het hy met groot applous opgemerk.

Die aand se tema was “grond”, Kani het gepas uitgebrei oor ’n gebondenheid aan Suid-Afrika, ’n belonging: “I always knew that in the 70’s you Afrikaans people are in big trouble – just like me. You Afrikaans people, especially the Afrikaners, are stuck with me. We both have nowhere to go. […] In Hollywood they don’t even know we exist. So why the hell try and make movies that go to Hollywood, that go to England… they don’t know us. We are not part of this circle. But we are part of a very rich and real circle, that is the continent of Africa.”

Hy het afgesluit deur om te sê social cohesion kan slegs deur die kunste bewerkstellig word, nie net deur politiek of sport nie. “In the arts we are just one big, strange, happy and excited family.”

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Ons bou aan ’n moderne beeld van hoe Afrikaanswees lyk, lees en klink. Het jy van John Kani: 'We have been denied each other' gehou? Dan ondersteun ons. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy gelys.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand