'Hemelliggaam' gaan oor die poging om nóú hiér te wees

Hemelliggaam of Die Poging Om Nou Hier Te Wees, is 'n visuele en eksistensiële ontdekking van die mens se verhouding met die omgewing en astronomie, deur Tommaso Fiscaletti en Nic Grobler. Die projek poog om die interspel tussen ruimtewetenskaplike aktiwiteite en 'n alledaagse bewustheid van ruimte uit te beeld deur 'n kontemporêre perspektief. Die projek is tot 'n groot mate deur Suid-Afrikaanse wetenskapsfiksie geïnspireer, in spesifiek Jan Rabie se Swart Ster oor die Karoo (1957), Die Groen Planeet (1961) en Die Hemelblom (1971). Die fokus van die projek is gemeenskappe, landskappe en objekte in die Wes-Kaap en Noord-Kaap, waar daar 'n spesiale verbintenis en verhouding met die lug is. Geloof en kultuur word saamgelees met natuur en wetenskap, tot 'n holistiese uitbeelding van die hier en nou, waar en wat dit ook al mag wees. 

Foto's, video's en klank vorm deel van hierdie groeiende argief. Die eerste hoofstuk van die langtermyn-projek was vroeër vanjaar by die Iziko Suid-Afrikaanse Museum in Kaapstad te sien. Uittreksels van die projek se videowerke, saam met musiek deur die musikant Alessandro Gigli, volg hieronder. 

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Divers, progressief en vars. Waardeer jy ’n stem soos Klyntji s’n? Het jy van 'Hemelliggaam' gaan oor die poging om nóú hiér te wees gehou? Dan ondersteun ons. Donasies van lesers word gebruik om ons bedieningkostes te betaal: jou bydrae hou Klyntji aanlyn. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy erken. Elke bietjie help.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand