Gérard Rudolf maak naam in Taalgenoot
gerard-rudolph.jpg
andre badenhorst-9796.jpg

Die Somer 2017-uitgawe van Taalgenoot het die akteur, regisseur, skrywer én fotograaf Gérard Rudolf op hulle voorblad geplaas, al word dit geredelik erken dat Gérard nie eintlik so bekend is nie. Oftewel, almal ken sy gesig, maar nie sy naam nie. In 'n gesprek met Deon Maas vertel hy dit so: “In hierdie bedryf werk 'n mens mos nie vir geld nie, jy werk vir erkenning. En om die een of ander rede kon ek nog nooit daardie erkenning kry nie. As daar 'n nuwe reeks uitkom, is ek die laaste een wat iemand ’n onderhoud mee wil voer. Ek was nog nooit op die voorblad van enige tydskrif nie...” Lees die volle storie hier.

Klyntji deel die foto's en video's met verlof van Taalgenoot.

andre badenhorst-9710.jpg
andre badenhorst-9887.jpg

Foto's: Andre Badenhorst

Produksie-assistente: Christopher Jose Dos Santos en Ruvan Mulder


  • Die Kuns van Verdwyn, Gérard Rudolf se eenman poetry show wys 6, 7, 10 en 11 Maart by Woordfees. Regie deur Marí Borstlap en klankontwerp deur Paul Riekert.

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Divers, progressief en vars. Waardeer jy ’n stem soos Klyntji s’n? Het jy van Gérard Rudolf maak naam in Taalgenoot gehou? Dan ondersteun ons. Donasies van lesers word gebruik om ons bedieningkostes te betaal: jou bydrae hou Klyntji aanlyn. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy erken. Elke bietjie help.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand