Die goeie lewe in Suid-Korea gaan voort

Die goeie lewe in Suid-Korea gaan voort

Terugvoer ná die groot trek

Terrie Liebenberg skryf: Na ons eerste storie op Klyntji is ons weer terug in Korea. Eintlik al vir ’n ruk, twee jaar om meer presies te wees. Ons bly op die outskirts van Busan, tussen berge en langs ’n rivier. Ons het gedink dit sal stiller as ons eerste jaar in Korea wees, maar toe nie. Ons het ’n groot groep vriende wat aanhou groei. Ons was ook fortunate om ’n jaar hier te deel met my suster en swarrie. Ons mis hulle, maar die lewe gaan aan.

Ons doen en ervaar baie meer dinge hierdie keer. Ons was hier toe die vorige president gestenig is. Ons was hier toe die volgende wêreldoorlog sou uitbreek. Ons was hier met die Winter Olympics en ons was hier toe Trump ’n nuwe maatjie in die Noorde gemaak het. Dis exciting tye.

Ek dink ons groei ook meer as mense hier. Ek maak meer videos en begin bietjie werk aan fotografie en Ciska teken, design en speel in ’n punk band. Ons is ook nou verloof. Ons is gelukkig en geniet ons werk. Hiermee los ek julle met ’n tipe highlight video van die laaste ruk om ’n beter prentjie te skep van ons ervarings in die land van die weird en wonderful.

13501796_10210149010341055_8001907098357037224_n.jpg

Volg Terrie op Instagram.

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Ons bou aan ’n moderne beeld van hoe Afrikaanswees lyk, lees en klink. Het jy van Die goeie lewe in Suid-Korea gaan voort gehou? Dan ondersteun ons. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy gelys.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand