Afrikaners in Suid-Korea

So hoe is dit om te gaan Engels gee in die Ooste?

Terrie Liebenberg en Ciska Joubert deel hulle ervaring

‘Ons mis dit elke dag’

Die idee was gebore deur ’n dronk grap: “Ek gaan jul te veel mis, bra. Kom net saam Korea toe,” was my vrin Stephen se woorde. Hierdie was die aand van hul afskeidsparty by Arcade in Pretoria. “Once bra, ons maak net hierdie jaar klaar, dan kry ons jul daar,” het ek plegtig belowe. “Ek maak nogal baie dronk beloftes, hulle sal verstaan,” het ek nog vir myself gesê.

3.jpg

Ons motivering om te gaan was studieskuld, en ons was juis lus om bietjie uit Potch uit te kom. Ek en my meisie het toe klaar geswot, vlugkaartjies bespreek en sowat 11 maande na my dronk belofte in Incheon, Korea geland. “Fokkit,” was my eerste reaksie. Alles was anders. Ons het omtrent 10 minute gehad om buskaartjies te bespreek Daegu toe (’n 4-5 uur busrit weg). Natuurlik was dit ’n gejaag deur die hordes mense, maar op dieselfde tyd was alles in ritmiese perfeksie. Al die rye by al die toonbanke wat op die maat van klassieke musiek vorentoe beweeg, die busse wat op die minuut vertrek. Dit was letterlik wêrelde verwyderd van waaraan ek gewoond was.

Korea het ’n baie groot booze culture. Meeste van ons stories sluit drank in, maar dis die kultuur.

Ons lewe in Daegu was in twee gedeel. Deur die week het ons klein kinders basiese Engels geleer, en oor naweke het ons onsself meer van die wêreld geleer (m.a.w. dronk geraak saam met ander expats van reg oor die wêreld). Ek het van die mees interessante karakters ontmoet. Soos John die Amerikaner, met sy hondjie, Ella. Sam die Engelsman, van Manchester (my Jäger-vriend), Stu en Luke, die cover-konings op kitaar, Clint die metalhead met die full-sleeves en Mark, die regte English-gentleman.  Verder was daar nog vriende van Pakistan, Brazil, Uzebekistan, Ukraïne, Rusland, Nieu-Seeland en Ierland. Ons was ’n lekker groep.

Anders as in Suid-Afrika, het ons lekker geld gemaak. Ons kon bekostig om elke naweek in ander stede/dorpies te gaan kuier. Ons het seisoen-kaartjies gekoop en begin snowboard. Ons kon hotelkamers op die strand bekostig. Eintlik Love Motels…google dit. Oral waar ons gegaan het, kon ons ook bekostig om luuks te kuier. Ons het heritage day gevier op die strand, met skaaptjops, landsvlae, brandy, touch-rugby en ek kon sweer Johnny Clegg… Eerlikwaar het ek so bietjie overindulge, maar fok wie sou nie?

Ons het ’n baie lekker roetine ontwikkel. Vrydae-aande het ons gewoonlik as ’n groep vriende gaan uiteet (dronk geraak), waarna ons bietjie die strate van downtown-Daegu ingevaar het (nog baie gedrink het). Saterdae het mens maar slegs kak gevoel, wat ons vinnig reggestel het met hangover-soup (google dit) en screen golf (rustig tot ernstig drink). Sondae het ons maar heel christelik gehou, met movies en pizza. So het dit gegaan van naweek tot naweek.

Ons is nou al amper weer vir ’n jaar terug op tuisgrond, maar mis Korea elke dag. Nie die skoolgee deel nie, maar die leefstyl. Ek mis die gevoel van gemeenskap, die laatnag dronkgeselsies op die hoek van die naaste 7-Eleven. Ek mis die avontuur, die vreemdheid en die onbekendheid van als. Ons het met swaar harte gegroet en aanbeweeg. Vir die wat wonder, doen dit… dis befok. Vir ons is dit nou eers tyd om die mooi van Suid-Afrika met nuwe oë te waardeer.

Volg Terrie op Instagram.

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Divers, progressief en vars. Waardeer jy ’n stem soos Klyntji s’n? Het jy van Afrikaners in Suid-Korea gehou? Dan ondersteun ons. Donasies van lesers word gebruik om ons bedieningkostes te betaal: jou bydrae hou Klyntji aanlyn. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy erken. Elke bietjie help.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand