'n Futuristiese uitkyk op menswees met Kaylin Coetzee

'n Futuristiese uitkyk op menswees met Kaylin Coetzee

Die Taalmonument, ontwerp deur Jan Van Wijk, is nogals ’n tydlose vibe. Dit word as podium gebruik in die eksperimentele kortfilm PURITY, met Joaquim Bayle, ’n Franse kommersiële filmmaker as regisseur en Nicolas Decatoire as mede-vervaardiger. Die performance clip se konsep handel oor die paradoks van die menslike bestaan se vrees vir die lewe en die vrees vir doodgaan, gewortel in ons persepsie van tyd. Illustrasies deur Morgane Guerry en dance performances deur Kaylin Coetzee beeld die mens se wil om te leef (of nie) simbolies uit in ’n tweeledige draaiboek.

Joaquim vertel: “For a while now I’ve wanted to experiment with body language in an audiovisual format, so it felt completely natural to me, whilst writing the concept, to include a dance performance. I also wanted to mix the dance with strong personal themes, deeply exploring and transmitting the emotions. The main location in the film is what pushed me to develop the concept and to find collaborators, even before flying to South Africa. It could not have worked without Kaylin and Fatima, who I literally only met two days prior to the shoot during rehearsals.” Fatima Arendse is die projek se stilis.

Kaylin vertel: “Dit was vir my ietwat van ’n groot ding toe Joaquim en Nicolas my genader het, dit was die eerste keer wat ek ’n short clip sou doen en ook my eie choreografie gebruik het. Ek het onmiddellik aanklank gevind by die konsep van HUMAN EXISTENCE AND ITS FEARS. Almal kan relate, right?! Ek het die beweging verbeel wat dit sou kon uitbeeld.

Ek kon verstaan dat geluk ’n doelbewuste keuse is, want ongeluk raak ’n lekker comfy couch as jy dit toelaat om een te word.

“Die eerste deel – waar die emosies op die gesig weerspieël word – was bitter baie intens. Ek kon regtig diep delf, my eie vrese en bestaansvrae in daardie hoek van die wit muur verken en die atmosfeer skep waar mens jouself soms wegsteek van die samelewing, waar jy net observeer eerder as om deel te neem en tot jou volle potensiaal te floreer. Dit was regtig baie maklik om in die donker kant te speel en amper half in te gee aan die depressie, die teneergedruktheid, die vrees, die onsekerheid wat so baie van ons op ’n daaglikse basis ervaar. Ek kon verstaan dat geluk ’n doelbewuste keuse is, want ongeluk raak ’n lekker comfy couch as jy dit toelaat om een te word.

“Die tweede deel was vir my challenging, ek gaan nou nie doekies omdraai nie. As ’n fashion en performance clip was die kostuum soms bietjie moeilik om mee te werk (probeer in hakke dans op die Taalmonument), maar Fatima het my fantasties laat lyk en gehelp. Ek het besef dat die klein frustrasies van die kostuum bygedra het tot die doelbewuste keuse om deel te neem in die samelewing en om te floreer ten spyte van al die hinderinge.

VF+(black+layers).00_02_39_15.Image+fixe028.jpg

“Die tweede deel is baie futuristies; die mens wonder altyd wat die toekoms bring. Wat gaan gebeur? Waar sien ek myself in die volgende tien jaar? Gaan ek gelukkig wees? Al daardie vrae. Vir my was dit werklikwaar só, vir myself as Kaylin die movement artist, om regtig ’n keuse te maak en deur beweging te sê dat wel, ek weet regtig nie wat die toekoms inhou nie, maar dat ek sal kies om eerlik te bly aan myself en dat ek fiercely – with a heartfelt and powerful intensity – die uitdagings sal benader en my perspektief sal behou.

“Daar is gedeeltes waar die gesig ophelder in die dans – die teenoorgestelde van die eerste deel. Daar is ’n selfvertroue en doelgerigtheid. Die musiek is ook heeltemal anders as die eerste deel. Daar is werklikwaar ’n shift in denkwyse en energie.”

Kaylin identifiseer as Khoi, ná sy begin vrae vra het met die projek se afloop oor waar sy vandaan kom en hoe haar Khoi en Duitse herkoms ’n rol speel in haar lewe. “Ek het vir so lank gewonder oor my dansende voete en die feit dat ek die enigste een in my familie is wat ’n passie het vir die kunste. Wat ek wel weet is dat my voete jeuk en my hart by klop vir die ontdekking van al die skatte in my stamboom. Ek is opgewonde vir elkeen wat vrae vra en ’n bietjie dieper wil krap.”

VF+(black+layers).00_02_55_24.Image+fixe029.jpg

Redakteur van Klyntji, assistent-kurator van die Konstitutionele Hof se kunsversameling en tans besig met 'n LLM in mediareg. Instagram / redakteur@klyntji.com

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Divers, progressief en vars. Waardeer jy ’n stem soos Klyntji s’n? Het jy van 'n Futuristiese uitkyk op menswees met Kaylin Coetzee gehou? Dan ondersteun ons. Donasies van lesers word gebruik om ons bedieningkostes te betaal: jou bydrae hou Klyntji aanlyn. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy erken. Elke bietjie help.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand