Protes-zines deur Chérie Cordier
Uittreksels van Chérie Cordier se zines oor die Volk.
“Hierdie is my sondagskoolboek, waar die kerk ons leer van ons geloof en ons plig as Afrikaners.”
Ons moet nie so aantrek dat ons vir die teenoorgestelde geslag misken word nie. Niemand moet oor ’n Christen se klere of haarstyl wonder nie, sodat hulle vir mekaar fluister “Is dit ’n man of ’n vrou?” nie.
Die vrou moet haarself met ’n sluier bedek, sodat die fokus in die erediens nie op haar skoonheid en die mens se heerlikheid val nie, maar op God s’n.
Kom soos jy is, na die huis van die Vader, behalwe: nie-blank, homoseksueles.
Ek is Jesus se soldaatjie, ja meneer!
Die kerk is nie die gebou nie, maar die mense… steeds ken niemand mekaar nie.
4de gebod: hou die sabatdag heilig. Op die sewende dag word daar gerus.
Wat doen jy op ’n Sondag?
Vleisresepte wat jou man sal geniet.
Sit aan jou Sondag gesiggie.