Bespreek jou gratis kaartjie vir Hardop by Suidoosterfees

Ontwerp deur Paula Stephanie Kruger en Drianco Fourie
Klyntji en die Jakes Gerwel Stigting nooi jou uit!
In 2026 is dit twee dekades sedert die eerste Hardop poetry muso event in Stellenbosch aangebied is. In 2025 het die Jakes Gerwel Stigting Klyntji genooi om dié paartie saam-saam aan te bied, en vanjaar maak ons weer so.
Kom sluit by ons aan in Kaapstad: 1 Mei om 16:30 by die Suidoosterfees se Netwerk24-Feeskafee. Toegang is gratis, mits jy vooraf jou plek deur info@jgf.org.za bespreek. Kontantkroeg beskikbaar.
Die digters en kunstenaars wat by ons aansluit, sluit in Jadrick Pedro, Bibi Slippers, Naidene Lottering, Jennifer Pape, Herschelle Benjamin, Thérèse Bartman, Toast Coetzer, Shane van der Hoven, Danie Marais, Helena Hettema, Bernadette Madell, Sindi Busuku, Siphokazi Jonas, Magé Troskie en The Buckfever Underground.
Hier is die program vir die Jakes Gerwel-gespreksreeks en hier is die res van die Suidoosterfees se program. Sien jou daar!
Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896
Ons bou aan ’n moderne beeld van hoe Afrikaanswees lyk, lees en klink. Het jy van Bespreek jou gratis kaartjie vir Hardop by Suidoosterfees gehou? Dan ondersteun ons. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy gelys.




